Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“Jou uiters kosbare geskenk”

“Jou uiters kosbare geskenk”

“Jou uiters kosbare geskenk”

DIT is hoe ’n voormalige eerste minister van België die boek Die grootste mens wat nog geleef het beskryf het. a ’n Buurman het ’n vriendelike besoek by hom afgelê, en die beroepstaatsman het ’n eksemplaar van die boek aanvaar. Hy het later in ’n brief van waardering geskryf: “Jou vriendelike besoek het my diep getref, en ek was selfs meer beïndruk deur jou uiters kosbare geskenk: die boek wat aan ‘die grootste mens’ gewy is.”

Die voormalige eerste minister het die boek deeglik ondersoek en tot hierdie gevolgtrekking gekom: “As mense meer in die Evangelieboodskap belanggestel het en die beginsels van Jesus Christus toegepas het, sou die wêreld vandag heeltemal anders gelyk het. Dan sou ons nie ’n Veiligheidsraad nodig gehad het nie; daar sou ook nie terreuraanvalle en geweld gewees het nie.” Hoewel hy erken het dat dit moontlik net wensdenkery is, het hy gesê dat hy sy buurman se positiewe optrede respekteer.

Die brief het voortgegaan: “Jy behoort aan ’n wonderlike groep welwillende mense wat nie optimiste of pessimiste is nie, maar melioriste, dit wil sê mense wat glo in die verbetering van mense sowel as dinge.”

Jehovah se Getuies glo dat goddelike optrede, nie mensepogings nie, uiteindelik ’n beter wêreld tot stand sal bring. Hulle probeer die grootste mens, Jesus Christus, navolg. Het Jehovah se Getuies jou onlangs besoek? Jy sal dit waarskynlik geniet om met hulle te praat oor die grootste mens wat nog geleef het. En hulle sal bly wees om vir jou die boek te bring wat die voormalige eerste minister soveel beïndruk het.

[Voetnoot]

a Uitgegee deur Jehovah se Getuies.