Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Kan ’n heidense vakansiedag Christelik gemaak word?

Kan ’n heidense vakansiedag Christelik gemaak word?

Kan ’n heidense vakansiedag Christelik gemaak word?

IN DIE noordelike winter van 2004 was daar gedurende die Kerstyd in Italië ’n lewendige debat aan die gang. Sommige opvoedkundiges en onderwysers het die idee gesteun om enige verwysing na godsdienstige Kerstradisies tot ’n minimum te verminder of selfs heeltemal daarvan ontslae te raak. Hulle het dit voorgestaan uit respek vir die toenemende aantal skoolkinders wat nie Katoliek of Protestants is nie. Daar is egter mense in skoolkringe en elders wat daarop aangedring het dat die tradisies gerespekteer en in hulle huidige vorm bewaar word.

Maar buiten hierdie geskilpunt, presies wat is die oorspronge van baie Kerstradisies? Terwyl die debat ’n klimaks bereik het, het die Vatikaanse koerant L’Osservatore Romano ’n paar interessante opmerkings gemaak.

Aangaande die datum waarop Kersfees gevier word, het die Katolieke koerant gesê: “Uit ’n geskiedkundige oogpunt gesien, is die werklike datum van Jesus se geboorte verberg onder ’n sluier van onsekerheid met betrekking tot Romeinse geskiedenis, die keiserlike sensus van daardie tyd en navorsing in die daaropvolgende eeue. . . . Soos algemeen bekend is, is 25 Desember in die vierde eeu deur die Roomse Kerk gekies. Hierdie datum is in die heidense Rome aan die Songod gewy . . . Hoewel die Christelike godsdiens reeds in Rome deur ’n Edik van Konstantyn bekragtig is, was die mite van . . . die Songod steeds baie algemeen, veral onder soldate. Die bogenoemde feesvieringe, wat op 25 Desember plaasgevind het, was diepgewortel in die volkstradisie. Dit het die Roomse Kerk die idee gegee om die dag vir die Christene van godsdienstige belang te maak deur die Songod met die ware Son van Geregtigheid, Jesus Christus, te vervang en dit as die dag te kies waarop hulle sy geboorte sou vier.”

Wat van die Kersboom, wat nou deel is van die Katolieke tradisie?

Die artikel in die Katolieke koerant het daarop gewys dat mense in die ou tyd geglo het dat talle immergroen bome, soos “huls, vuurwerkbos en lourier, asook die takke van denne- of sparbome, tower- of genesingskrag het wat siekte sal voorkom”. Dit het verder gesê: “Op Oukersaand, 24 Desember, is Adam en Eva herdenk deur middel van die baie gewilde verhaal van die Boom van die aardse Paradys . . . Die boom moes eintlik ’n appelboom gewees het, maar aangesien ’n appelboom in die winter ongepas sou wees, is ’n sparboom op die verhoog geplaas waaraan appels gehang is, of, om die toekomstige Verlossing te simboliseer, misbroodjies wat gemaak is van fyngedrukte beskuitjies in spesiale vorms wat simbole was van die Eucharistiese teenwoordigheid van Jesus, sowel as lekkers en geskenke vir kinders.” Wat van ná daardie tyd?

L’Osservatore Romano noem dat die tradisie om ’n Kersboom te gebruik in die 16de eeu in Duitsland begin het en sê: “Italië was een van die laaste lande om die Kersboom te aanvaar, deels as gevolg van ’n redelik algemene gerug dat die Kersboom ’n Protestantse gebruik was en gevolglik deur die krip [die Kerstoneel] vervang moet word.” Pous Paulus VI “het die tradisie begin om ’n enorme Kersboom [op St. Pietersplein, Rome, naby die Kerstoneel] te laat opstel”.

Is dit vir jou aanvaarbaar dat ’n godsdiensleier ’n oënskynlik Christelike betekenis gegee het aan gebeurtenisse en simbole wat hulle oorsprong in die eertydse heidendom het? Wat die regte weg betref, vermaan die Skrif ware Christene: “Watter gemeenskap het regverdigheid en wetteloosheid? Of watter deelgenootskap het lig met duisternis?”—2 Korintiërs 6:14-17.

[Prente op bladsy 8, 9]

Kersboom (vorige bladsy) en Kerstoneel by die Vatikaan

[Erkenning]

© 2003 BiblePlaces.com

[Prent op bladsy 9]

Die songod

[Erkenning]

Museum Wiesbaden