Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Onthou jy?

Onthou jy?

Onthou jy?

Het jy dit geniet om onlangse nommers van Die Wagtoring te lees? Wel, kyk of jy die volgende vrae kan beantwoord:

• Waarom is die “Ou Testament” van blywende waarde?

Die Outeur daarvan is nie die een of ander wrede godheid nie, maar is die liefdevolle God, Jehovah. Jesus en sy vroeë volgelinge het na die Hebreeuse Geskrifte verwys. Dit bevat praktiese raad vir die daaglikse lewe en bied ’n wonderlike hoop vir die toekoms.—9/1, bladsye 4-7.

• Wat is bereik deur tyd te laat verloop sedert Adam en Eva gesondig het?

Gedurende hierdie duisende jare is daar bewys dat Satan ’n leuenaar is—Adam en Eva en miljoene van hulle nakomelinge het gesterf. Tyd het getoon dat mense nie beter af is as hulle onafhanklik van God is nie en dat hulle nie die reg of die vermoë het om hulle voetstappe te rig nie.—9/15, bladsye 6-7.

• Waarom is Jakob nie gekritiseer omdat hy hom as Esau voorgedoen het nie?

Jakob was geregtig op sy vader se seën, want hy het die geboortereg by Esau gekoop. Toe Isak besef dat hy Jakob geseën het, het hy dit nie probeer verander nie. En God, wat kon ingryp, wou klaarblyklik hê dat Jakob die seën moes ontvang.—10/1, bladsy 31.

• Hoe word evolusie weerlê deur die feit dat ons ’n gewete het?

In alle rasse en kulture is daar mense wat bereid is om ander te help, al stel hulle hulleself daardeur aan gevaar bloot. ’n Mens sou nie hierdie onselfsugtige altruïsme verwag het as mense bloot diere was wat ’n stryd voer om tot elke prys te oorleef nie.—10/15, bladsy 20.

• Waarom kan ons sê dat God nederig is, en hoe openbaar hy hierdie eienskap?

As Soewerein en Skepper het God nie beperkings soos ons nie. Maar in ooreenstemming met 2 Samuel 22:36 is God nederig in die sin dat hy besorgdheid toon oor nietige mense wat hom probeer behaag en barmhartigheid aan hulle bewys. Hy buig as ’t ware neer om liefdevol met godvresende mense te handel.—11/1, bladsye 4-5.

• Hoe bevestig antieke potskerwe die Bybelverslag?

Argeoloë het potskerwe in Samaria gevind wat sewe familiename bevat wat in Josua 17:1-6 opgeteken staan. Potskerwe uit Arad bevestig inligting oor priesterlike families en bevat ook God se naam. Potskerwe uit Lagis werp lig op die politieke situasie en onrus wat in Juda geheers het voordat die Babiloniërs hulle aanval geloods het.—11/15, bladsye 12-14.

• Wat laat ’n mens tot die slotsom kom dat Lukas die boek Handelinge geskryf het?

Lukas se Evangelie en die Handelinge van die Apostels is aan Teofilus gerig, wat daarop dui dat Lukas albei saamgestel het. Die gebruik van die voornaamwoord “ons” toon dat Lukas deel was van party van die gebeure (Handelinge 16:8-15).—11/15, bladsy 18.

• Hoe moet ’n Christen jag en visvang beskou?

God laat mense al sedert Noag se tyd toe om diere dood te maak en te eet. Maar die vereiste om die diere se bloed te laat uitloop, beklemtoon dat dierelewe gerespekteer moet word as iets wat van God af kom. Christene moenie doodmaak vir sport of om die opwinding van die jag of die doodskoot te beleef nie. Dit is belangrik om die keiser se wette te gehoorsaam en die gewete van ander in ag te neem (Romeine 14:13).—12/1, bladsy 31.