Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Sendelinge word aangespoor om soos Jeremia te wees

Sendelinge word aangespoor om soos Jeremia te wees

125ste Gileadgraduering

Sendelinge word aangespoor om soos Jeremia te wees

“HIERDIE Gileadklas is ’n geskiedkundige mylpaal”, het Geoffrey Jackson van die Bestuursliggaam gesê. Hy het die 6 156 mense toegespreek wat op 13 September 2008 die graduering van die 125ste klas van die Wagtoring-Bybelskool Gilead bygewoon het. Met inbegrip van die 56 gegradueerdes van hierdie klas het die Gileadskool meer as 8 000 sendelinge na “die mees afgeleë deel van die aarde” gestuur!—Hand. 1:8.

Broer Jackson, die voorsitter van die gradueringsprogram, het gevra: “Sal geloofwaardigheid jou bediening verryk?” Hy het toe vier dinge gemeld wat geloofwaardigheid opbou: jy moet die regte gesindheid hê, ’n goeie voorbeeld stel, jou onderrigting stewig op God se Woord grond en jou daarop toespits om Jehovah se naam bekend te maak.

David Schafer, wat saam met die Onderrigtingskomitee dien, het die onderwerp “Sal jy alles verstaan?” bespreek. Hy het die Gileadstudente verseker dat hulle ‘alles kan verstaan’ wat nodig is om as sendelinge te dien as hulle aanhou om Jehovah te soek en nederig erkenning gee aan “die getroue en verstandige slaaf”.—Spr. 28:5; Matt. 24:45.

Hierna het John E. Barr van die Bestuursliggaam die tema “Laat niks jou van God se liefde skei nie” bespreek. Broer Barr se vaderlike raad het die gegradueerdes en hulle ouers se vrese uit die weg geruim oor wat dalk op die nuwe sendelinge in hulle toewysing wag. “Om in God se liefde te wees, is ’n baie veilige, gerieflike plek om te wees”, het hy verduidelik. Niks kan die sendelinge van God se liefde skei nie, tensy hulle hulleself van God afskei.

Sam Roberson van die Teokratiese Skole-afdeling het die gehoor aangespoor om in “die allerbeste kledingstuk” te pas. As die gegradueerdes bestudeer wat Jesus gedoen het en dit op hulleself toepas, kan hulle hulle ‘met die Here Jesus Christus beklee’ (Rom. 13:14). Hierna het William Samuelson, die opsiener van die Teokratiese Skole-afdeling, die aandag gevestig op wat ’n mens eerbaar maak. Dit is nie mense se beskouing nie, maar God se beskouing wat ’n mens eerbaar maak.

Een van die instrukteurs, Michael Burnett, het ’n onderhoud met die studente gevoer oor hulle velddiensondervindinge. Terwyl hulle die Gileadskool by Patterson, New York, bygewoon het, het die meeste studente in gebied gewerk wat dikwels gedek word, maar hulle het nogtans belangstellendes gevind. Gerald Grizzle van die Byeenkomskantoor het ’n onderhoud gevoer met drie broers wat die Skool vir Takkomiteelede bywoon. Hulle kommentare het gehelp om die Gileadgegradueerdes voor te berei op wat hulle in hulle buitelandse toewysings te wagte kan wees.

Die toespraak “Wees soos Jeremia” is gehou deur David Splane van die Bestuursliggaam, ’n gegradueerde van die 42ste klas. Hoewel Jeremia vrese gehad het oor sy toewysing, het Jehovah hom versterk (Jer. 1:7, 8). God sal dieselfde vir die nuwe sendelinge doen. “As jy probleme met iemand ondervind”, het broer Splane gesê, “gaan sit en skryf tien eienskappe van die persoon neer wat jy werklik op prys stel. En as jy nie by tien kan uitkom nie, beteken dit dat jy die persoon nie goed genoeg ken nie.”

Jeremia was selfopofferend. Toe hy wou tou opgooi, het hy gebid, en Jehovah was met hom (Jer. 20:11). “Wanneer jy mismoedig voel”, het broer Splane gesê, “praat met Jehovah daaroor. Jy sal verbaas wees hoe Jehovah jou sal help.”

Aan die einde van die gradueringsprogram het die voorsitter die gehoor daaraan herinner dat die gegradueerdes verskeie maniere geleer het waarop hulle hulle geloofwaardigheid kan opbou. Terwyl hulle in hulle toewysings getuig, sal hulle geloofwaardigheid hulle getuienis verryk.—Jes. 43:8-12.

[Venster op bladsy 22]

KLASSTATISTIEK

Aantal lande verteenwoordig: 6

Aantal lande waarheen gestuur: 21

Aantal studente: 56

Gemiddelde ouderdom: 32,9

Gemiddelde jare in waarheid: 17,4

Gemiddelde jare in voltydse diens: 13

[Prent op bladsy 23]

125ste Gradueringsklas van die Wagtoring-Bybelskool Gilead

In die lys hieronder word die rye van voor na agter genommer, en name word van links na regs in elke ry aangegee.

(1) Hodgson, A.; Wall, A.; Beerens, K.; Hortelano, M.; Newman, L.; De Caso, A. (2) Jenkins, J.; Jarzemski, T.; Méndez, N.; Corona, V.; Canalita, L. (3) Fryer, H.; Savage, M.; Tidwell, K.; Erickson, N.; Dyck, E.; McBeath, R. (4) Perez, L.; Puse, L.; Skidmore, A.; Young, B.; McBride, N.; Rondón, P.; Goodman, E. (5) Beerens, M.; Ferguson, J.; Pearson, N.; Chapman, L.; Wardle, J.; Canalita, M. (6) Perez, P.; De Caso, D.; Young, T.; Rondón, D.; Goodman, G.; Jenkins, M.; Dyck, G. (7) Corona, M.; Wall, R.; Puse, S.; Méndez, F.; Jarzemski, S.; Savage, T. (8) Newman, C.; Ferguson, D.; Skidmore, D.; Erickson, T.; McBride, J.; Pearson, M.; Chapman, M. (9) Hodgson, K.; Wardle, A.; McBeath, A.; Tidwell, T.; Fryer, J.; Hortelano, J.