Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Gee blymoedig uit die hart

Gee blymoedig uit die hart

Gee blymoedig uit die hart

DIE apostel Paulus het oor die manier waarop daar gegee moet word, geskryf: “Laat elkeen doen net soos hy hom in sy hart voorgeneem het”, en hy het bygevoeg: “Nie teësinnig of onder dwang nie, want God het ’n blymoedige gewer lief” (2 Kor. 9:7). Jehovah dwing niemand om rein aanbidding te ondersteun nie. Hy laat sy knegte toe om hulle toegewydheid te toon deur vrywillig en blymoedig te gee. Deur die geskiedenis heen het sy volk geesdriftig gereageer. Kom ons kyk na drie voorbeelde.

Nadat Jehovah die Israeliete uit Egipte gelei het, het hy beveel dat hulle die tabernakel oprig. Materiaal was nodig, en die volk Israel is genooi om bydraes te maak. In reaksie hierop het “elkeen wie se hart hom gedring het,” goud en silwer, juwele en ander materiale gebring. Die volk was so vrygewig dat ’n aankondiging gemaak is om hulle te vra om op te hou gee.—Eks. 35:5, 21; 36:6, 7.

Eeue later, toe die tempel gebou moes word, het God se volk weer eens die geleentheid gehad om te toon dat hulle rein aanbidding ondersteun. Koning Dawid het persoonlik ’n groot bydrae vir die projek gegee en ander genooi om ook te gee. Hulle het dit ywerig gedoen. Die bydrae van goud en silwer alleen was volgens die huidige geldwaarde meer as 840 miljard rand werd! Die volk was verheug om vrywillige bydraes vir Jehovah te gee.—1 Kron. 29:3-9; 2 Kron. 5:1.

Jesus Christus se vroeë volgelinge het ook met ’n vreugdevolle gees gegee. Op Pinksterdag 33 HJ is omtrent 3 000 gedoop, waarvan baie nie inwoners van Jerusalem was nie. Om dié wat min geld gehad het, te help om langer in die stad te bly sodat hulle meer omtrent hulle nuwe geloof kon leer, het hulle tydelik hulle geld in ’n gemeenskaplike fonds gestort. Die broers het besittings verkoop en die geld na die apostels gebring om die behoeftiges te help. Hoe verheug moes Jehovah tog gewees het om sulke blyke van geloof en liefde te sien!—Hand. 2:41-47.

Vandag ondersteun Christene rein aanbidding nog steeds deur mildelik en blymoedig van hulle tyd, energie en geld te gee. Die bygaande venster sit ’n paar van die maniere uiteen waarop jy dit kan doen.

[Venster op bladsy 18, 19]

MANIERE WAAROP PARTY GEE

BYDRAES VIR DIE WÊRELDWYE WERK

Baie sit ’n bedrag opsy wat hulle in die bydraebussies gooi wat “Wêreldwye werk” gemerk is.

Gemeentes stuur hierdie bydraes elke maand na die kantoor van Jehovah se Getuies wat oor hulle land toesig hou. Vrywillige geldelike bydraes kan ook direk gestuur word aan Watch Tower Bible and Tract Society of South Africa, Aandag: Rekeningafdeling, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740, Suid-Afrika, of na die takkantoor van Jehovah se Getuies wat oor jou land toesig hou. Tjeks wat na die bogenoemde adres gestuur word, moet uitgemaak word aan “Watch Tower Society”. Tree asseblief in verbinding met die takkantoor as jy juwele of ander kosbare artikels wil skenk. ’n Kort brief wat meld dat dit ’n regstreekse skenking is, moet hierdie bydraes vergesel.

BEPLANDE SKENKINGS

Benewens regstreekse geldskenkings is daar ander maniere waarop ’n mens kan gee om Koninkryksdiens in alle wêrelddele te bevorder. Dit sluit in:

Versekering: Watch Tower Bible and Tract Society of South Africa kan as die begunstigde van ’n lewensversekeringspolis of in ’n aftree-/pensioenskema benoem word.

Aandele en obligasies: Aandele en obligasies kan aan Watch Tower Bible and Tract Society of South Africa geskenk word as ’n regstreekse skenking of Watch Tower Bible and Tract Society of South Africa kan benoem word as ’n begunstigde in ’n sterfte-uitkering.

Vaste eiendom: Vaste eiendom kan regstreeks geskenk word of kan, in die geval van residensiële eiendom, geskenk word op voorwaarde dat die skenker lewensreg daarop het. Tree in verbinding met die takkantoor in die land waar jy woon voordat enige vaste eiendom oorgedra word.

Testamente: Eiendom of geld kan deur ’n wettige testament aan Watch Tower Bible and Tract Society of South Africa bemaak word.

As jy meer inligting wil hê, kan jy skriftelik of per telefoon in verbinding tree met die Rekeningafdeling by die adres wat hier aangegee word of met die takkantoor wat oor jou land toesig hou.

Rekeningafdeling

Watch Tower Bible and Tract Society of South Africa

Privaatsak X2067

Krugersdorp

1740

Suid-Afrika

Telefoon: 011 761 1000