Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Vrae van lesers

Vrae van lesers

Vrae van lesers

Is dit gepas vir ’n suster om ’n hoofbedekking te dra wanneer sy Bybeltoesprake by Christelike vergaderinge of byeenkomste in gebaretaal tolk?

Oor die algemeen moet ’n Christenvrou ’n hoofbedekking dra wanneer sy omsien na pligte wat gewoonlik die verantwoordelikheid is van haar man of ’n broer in die gemeente. Dit is in ooreenstemming met die beginsel wat die apostel Paulus gemeld het: “Elke vrou wat met ’n onbedekte hoof bid of profeteer, doen haar hoof skande aan”, want “die man is die hoof van die vrou” (1 Kor. 11:3-10). Wanneer ’n suster in sulke situasies ’n beskeie en gepaste hoofbedekking dra, is dit ’n teken van onderworpenheid aan die teokratiese reëling in die Christengemeente.—1 Tim. 2:11, 12. a

Maar sê nou ’n suster tolk in gebaretaal vir ’n broer wat ’n toespraak hou? Toegegee, die suster tree net as ’n vertaler op. Dit wil sê, die onderrigting is nie haar eie nie, maar kom van die broer vir wie sy tolk. Maar om in gebaretaal te tolk, is baie anders as om gesproke tale te tolk. In die geval van gesproke tale kan die gehoor op die spreker fokus en nog steeds na die tolk luister. Anders as in die geval van susters wat in gebaretaal tolk, word daar gewoonlik ook nie soveel aandag gevestig op susters wat gesproke tale tolk nie. Soms het hulle selfs die keuse om te sit terwyl hulle tolk of, as hulle staan, om na die spreker te kyk in plaas van na die gehoor. Dit sal dus vir ’n suster wat ’n gesproke taal tolk, nie nodig wees om ’n hoofbedekking te dra nie.

Wat meer is, weens die vooruitgang in die tegnologie wat gebruik word wanneer toesprake in gebaretaal getolk word, word selfs meer aandag op die tolk gevestig. ’n Beeld van die tolk verskyn gewoonlik op ’n groot skerm, terwyl die spreker dalk nie eers deur die gehoor gesien word nie. Met die oog op hierdie faktore is dit blykbaar gepas vir die suster wat in gebaretaal tolk, om haar ondergeskikte rol as ’n tolk te erken deur ’n hoofbedekking te dra.

Hoe raak hierdie hersiene riglyn die manier waarop dele op die Teokratiese Bedieningskool in gebaretaal getolk word, asook demonstrasies en kommentare gedurende die Gemeentelike Bybelstudie, die Diensvergadering en die Wagtoring-studie? Moet ’n suster wat by sulke geleenthede in gebaretaal tolk, ook ’n hoofbedekking dra? Dit wil voorkom of die suster in sekere gevalle nie ’n hoofbedekking hoef te dra nie, aangesien almal in die gemeente kan sien dat sy nie eintlik die vergadering hou nie. Dit sal die geval wees wanneer sy byvoorbeeld kommentare van die gehoor, susters se toesprake of demonstrasies tolk. Maar wanneer sy gedurende hierdie vergaderinge broers se toesprake tolk, of vir die Wagtoring-studiehouer of die Gemeentelike Bybelstudiehouer tolk, of wanneer sy die leiding daarin neem om liedere te sing, moet sy ’n hoofbedekking dra. Gedurende ’n vergadering moet ’n suster dalk vir broers, susters, kinders en ouer manne tolk. Daarom sal dit moontlik meer prakties wees om gedurende die hele vergadering ’n hoofbedekking te dra.

[Voetnoot]

a Vir ’n breedvoerige bespreking oor hoofbedekkings vir Christenvroue, sien bladsye 209 tot 212 van ‘Hou julle in God se liefde’.