Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

’n Klein dogtertjie met ’n groot hart

’n Klein dogtertjie met ’n groot hart

’n Klein dogtertjie met ’n groot hart

’N NEGEJARIGE dogtertjie in Brasilië het onlangs op eie inisiatief haar spaargeld in twee verdeel—150 rand en 210 rand. Sy het die kleiner bedrag in die bydraebussie by die plaaslike Koninkryksaal gegooi om gemeentelike uitgawes te help dek. Toe het sy die groter bedrag aan die takkantoor van Jehovah se Getuies gestuur, saam met ’n kort briefie. Haar brief het gesê: “Ek wil graag hierdie bydrae vir die wêreldwye werk gee. Ek wil baie broers en susters regoor die wêreld help om die goeie nuus te verkondig. Ek gee dit met al my liefde vir Jehovah.”

Die dogtertjie se ouers het haar geleer hoe belangrik dit is om ’n persoonlike aandeel aan die Koninkrykspredikingswerk te hê. Hulle het ook by haar ingeskerp hoe belangrik dit is om ‘Jehovah met haar waardevolle dinge te eer’ (Spr. 3:9). Mag almal van ons, soos hierdie dogtertjie, Koninkryksbelange ywerig bevorder, plaaslik sowel as wêreldwyd!