Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Onthou jy?

Onthou jy?

Onthou jy?

Het jy dit geniet om onlangse nommers van Die Wagtoring te lees? Wel, kyk of jy die volgende vrae kan beantwoord:

• Wat sal jou help om verantwoordelike kinders groot te maak?

‘Stel die voorbeeld’ vir jou kind wat verantwoordelike gedrag betref (Joh. 13:15). Wees redelik in wat jy verwag; namate hy ouer word, sal jy meer van hom kan verwag wanneer dit kom by higiëne, stiptelikheid en skoolwerk. Gee spesifieke instruksies sodat jou kind kan leer om sy verantwoordelikhede na te kom.—5/1, bladsye 19-20.

• Waarom het God Aäron nie gestraf omdat hy die goue kalf gemaak het nie?

Aäron het God se wet oor afgodediens verbreek (Eks. 20:3-5). Maar Moses het vir Aäron smeekbedes tot God gedoen, en sy smeking het “groot krag” gehad (Jak. 5:16). Aäron het ’n rekord van getrouheid gehad. En al het die volk Aäron omgepraat om die kalf te maak, het hy later getoon dat sy hart nie met hulle was nie, want hy het hom, saam met die seuns van Levi, aan Jehovah se kant geskaar (Eks. 32:25-29).—5/15, bladsy 21.

• Waar was Ofir, waar daar volgens die Bybel goud was?

Om goud van Ofir te bring, het Salomo skepe in Eseon-Geber gebou (1 Kon. 9:26-28). Hierdie hawe was aan die bopunt van die Golf van Akaba naby hedendaagse Elat en Akaba, aan die Rooisee. Ofir kon dus in Arabië naby die Rooisee gewees het of op die kus van Afrika of Indië.—6/1, bladsy 15.

• Waarna verwys “balsem in Gilead”? (Jer. 8:22).

Balsemolie was ’n aromatiese, harsagtige olie wat afgeskei word deur verskeie plante wat onder andere in Gilead, oos van die Jordaanrivier, gevind word. Aangesien dit geneeskragtige eienskappe het, is dit aan wonde gesmeer. Israel se bejammerenswaardige toestand moes die nasie beweeg het om ’n geneesmiddel te soek, maar hulle het nie (Jer. 8:9).—6/1, bladsye 21-22.

• Wat kan ’n Christen help wanneer ’n huweliksmaat egbreuk gepleeg het?

As die onskuldige maat probeer het om volgens Bybelbeginsels te lewe, is daar geen rede om skuldig te voel oor die egbreker se skending van vertroue nie. God weet dat jy vertroosting en aanmoediging nodig het. Hy sal dalk deur middel van mede-Christene vertroosting voorsien.—6/15, bladsye 30-31.

• Wat kan jy doen om iemand te help wat siek is?

Wees ’n goeie luisteraar (Pred. 3:1, 7). Betoon empatie en wees bedagsaam (Rom. 12:15). Wees opbouend en behulpsaam (Kol. 4:6; 1 Joh. 3:18). Behou kontak (Spr. 17:17).—7/1, bladsye 10-13.

• Hoe weet ons dat God nie ’n begin gehad het nie?

Moses het dit in gebed getoon (Ps. 90:2). Jehovah het dus die unieke titel “Koning van die ewigheid” (1Tim. 1:17).—7/1, bladsy 28.

• Hoe kan jy jou kinders leer om lief te wees vir lees?

’n Liefdevolle atmosfeer en die ouers se voorbeeld help om ’n liefde vir lees by kinders in te skerp. Jy moet hulle ook aan boeke blootstel. Lees hardop. Moedig deelname aan en bespreek wat julle lees. Laat jou kinders vir jou lees en spoor hulle aan om vrae te vra.—7/15, bladsy 26.

• Waarom het Jesus hom nie na sy siek vriend Lasarus gehaas en hom gesond gemaak nie?

Teen die tyd dat Jesus daar aangekom het, was Lasarus al vier dae lank dood. Deur te wag, het Jesus ’n beter getuienis omtrent sy Vader gegee. Gevolglik het baie mense gelowiges geword (Joh. 11:45).—8/1, bladsye 14-15.

• Wat was die “hoogtes”?

In die meeste gevalle word daar verwys na opelugterreine op heuweltoppe of ander plekke van valse aanbidding. Soms is altare, heilige pilare of pale, en ander godsdienstoebehore op sekere plekke opgerig om dinge te beoefen wat deur God veroordeel is (Num. 33:52).—8/1, bladsy 23.