Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“Dit help my om mense se hart te bereik”

“Dit help my om mense se hart te bereik”

“Dit help my om mense se hart te bereik”

PORTO ALEGRE, ’n stad in die suide van Brasilië, was ’n ruk gelede die gasheer vir ’n internasionale konferensie oor maatskaplike kwessies. Tienduisende mense uit 135 lande het die geleentheid bygewoon. Gedurende pouses het ’n groep Getuies van ’n gemeente in Porto Alegre tientalle afgevaardigdes genader om hulle van die Bybel se Koninkryksboodskap te vertel. Hoe het hulle gekommunikeer?

“Ons het die boekie Good News for People of All Nations gebruik”, sê Elizabete, ’n pionier. Sy voeg by: “Baie van die afgevaardigdes het nog nooit tevore die goeie nuus van die Koninkryk gehoor nie, maar hulle het gunstig op ons boodskap gereageer. Ons het met mense uit Bolivia, China, Frankryk, Indië, Israel en Nigerië gepraat. Ons het vir party van die afgevaardigdes Bybellektuur in hulle eie taal gehad, wat hulle met graagte geneem het.”

In Mexiko behaal ’n pionier met die naam Raúl ook goeie resultate wanneer hy hierdie boekie gebruik. ’n Ruk gelede het hy ’n 80-jarige Arabiese man genader wat kort tevore sy vrou aan die dood afgestaan het. Nadat die man die Koninkryksboodskap in Arabies in die boekie gelees het, het hy gehuil van vreugde. Waarom? God se belofte in Openbaring 21:3, 4 dat die dood nie meer daar sal wees nie, het hom diep geraak toe hy dit in sy moedertaal lees. By ’n ander geleentheid het Raúl tydens informele getuieniswerk ’n man ontmoet wat Portugees praat. Hierdie man het ook ’n geliefde aan die dood afgestaan—sy seun. Raúl het hom die Portugese bladsy in die boekie laat lees. Nadat die man dit gelees het, het hy aangedui dat hy meer van die Bybel wil leer, en hy het ’n Bybelstudie aanvaar.

Raúl het Good News for People of All Nations al gebruik om te getuig vir mense wat Armeens, Chinees, Duits, Engels, Frans, Hindi, Koreaans, Mixe, Persies, Russies en Zapotec praat. Hy sê: “Ek het gesien hoe belangrik dit is om hierdie hulpmiddel in my bediening te gebruik. Dit help my om mense se hart te bereik, al praat ek nie hulle taal nie.”

Aangesien al hoe meer mense na die buiteland reis en daar gaan woon, het ons meer geleenthede om in aanraking te kom met dié wat ’n ander taal praat. Ons sal hulle van die Koninkryksboodskap kan vertel deur die boekie Good News for People of All Nations te gebruik. Dra jy dit saam met jou?

[Prente op bladsy 32]

Raúl met die boekie wat hom help om mense se hart te bereik