Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Onthou jy?

Onthou jy?

Onthou jy?

Het jy dit geniet om onlangse nommers van Die Wagtoring te lees? Kyk of jy die volgende vrae kan beantwoord:

• Van wie se godsdiensnakomelinge is voorbeskikking ’n kenmerk?

Calvinisme beklemtoon die voorbeskikkingsleer. Die leringe van die Hervormer Jean Cauvin (Johannes Calvyn) leef voort in die Gereformeerde, Presbiteriaanse, Kongregasionalistiese en Puriteinse kerke.—9/1, bladsye 18-21.

• Waar het Kain sy vrou gekry?

Kain se vrou was ongetwyfeld ’n nakomeling van Eva, wat aan “seuns en dogters” geboorte gegee het (Gen. 5:4).—9/1, bladsy 25.

• Watter engel is deur God voor Israel uit gestuur toe hulle uit Egipte uitgelei is? (Eks. 23: 20, 21).

Ons het rede om te glo dat die engel wat ‘Jehovah se naam in hom’ gehad het, God se eersgebore Seun was, wat later Jesus geword het.—9/15, bladsy 21.

• Waarom bespreek die boek 1 Korintiërs vleis wat aan afgode geoffer is?

Diere is in Griekse en Romeinse tempels geoffer, maar die vleis wat nie gedurende die seremonie geëet is nie, is moontlik op openbare vleismarkte verkoop. Christene het nie aan heidense aanbidding deelgeneem nie, maar dit was nie vir hulle nodig om vleis uit daardie bron as besoedel te beskou nie. Die apostel Paulus het geskryf: “Hou aan om alles te eet wat in ’n vleismark verkoop word sonder om navraag te doen, ter wille van julle gewete; want ‘aan Jehovah behoort die aarde en alles wat dit vul’” (1 Kor. 10:25, 26).—10/1, bladsy 12.

• Watter verskonings in verband met ware aanbidding is nie vir God aanvaarbaar nie?

‘Dit is te moeilik. Ek wil nie. Ek is te besig. Ek is nie goed genoeg nie. Iemand het my aanstoot gegee.’ Dit is nie geldige verskonings om nie God se bevele uit te voer nie.—10/15, bladsye 12-15.

• Hoe kan jy Christelike vergaderinge vir jou en ander opbouend maak?

Berei voor. Woon vergaderinge gereeld by. Kom betyds. Kom goed toegerus. Vermy dinge wat jou aandag kan aflei. Neem deel aan die vergaderinge. Hou jou antwoorde kort. Voer jou toewysings uit. Prys deelnemers. Assosieer voor en ná die vergaderinge.—10/15, bladsy 22.

• In watter Bybelverslag oor ’n jong meisie word daar verwys na melaatsheid, wat die siekte insluit wat vandag Hansen-siekte genoem word?

Tweede Konings hoofstuk 5 praat van ’n Israelitiese diensmeisie in die huis van ’n Siriese leërhoof met die naam Naäman. Omdat hy melaats was, het sy hom aangeraai om na die profeet Elisa toe te gaan om genees te word.—11/1, bladsy 22.

• Wat kan ons leer uit die feit dat Aäron voor portuurdruk geswig het?

Terwyl Moses nie daar was nie, het die Israeliete Aäron aangespoor om vir hulle ’n god te maak. Hy het voor die druk geswig en dit gedoen. Dit toon dat portuurdruk nie tot jongmense beperk is nie. Selfs ouer mense wat wil doen wat reg is, kan daarvoor te staan kom. Ons moet negatiewe portuurdruk weerstaan.—11/15, bladsy 8.

• Wat is feit en wat is fiksie?

Satan is ’n werklike persoon: feit (2 Kor. 11:14). Ná die dood gaan almal na die geesteryk: fiksie (Pred. 9:5). Getroue engele gee vir ons om: feit (Ps. 34:7). Jesus is gelyk aan God: fiksie (1 Kor. 11:3).—12/1, bladsye 8-9.