Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“’n Wonderlike opsiener en ’n dierbare vriend”

“’n Wonderlike opsiener en ’n dierbare vriend”

“’n Wonderlike opsiener en ’n dierbare vriend”

JOHN (JACK) BARR, wat as ’n lid van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies gedien het, het sy aardse loopbaan op Saterdagoggend 4 Desember 2010 voltooi. Hy was 97 jaar oud. Hy is beskryf as “’n wonderlike opsiener en ’n dierbare vriend”.

Broer Jack Barr is in Aberdeen, Skotland, gebore, die jongste van drie kinders. Albei sy ouers was van die gesalfdes. Broer Barr het dikwels met geneentheid van sy kinderjare gepraat; hy was dankbaar vir die uitstekende voorbeeld wat sy geliefde pa en ma vir hom gestel het.

Toe hy sy tienderjare bereik het, het dit vir die jong Jack baie moeilik geword om met vreemdelinge te praat. Maar hy het hom daarop toegelê om die probleem te oorkom, en op ’n Sondagmiddag in 1927, op die ouderdom van 14, het hy vir sy pa gesê dat hy gereed is om saam met hom in die predikingswerk van deur tot deur te gaan. Dit was net die begin. Van daardie dag af tot sy dood het broer Barr ’n ywerige verkondiger van die goeie nuus gebly.

’n Tragiese ongeluk wat amper sy geliefde ma se lewe geëis het, het die jong Jack ernstig oor die doel van die lewe laat nadink, en in 1929 het hy hom aan Jehovah toegewy en sy toewyding by die eerste geleentheid, in 1934, gesimboliseer. Toe, in 1939, het hy ’n lid van die Bethelgesin in Londen, Engeland, geword. So het ’n loopbaan van voltydse diens begin wat oor 71 jaar gestrek het.

Op 29 Oktober 1960 het broer Barr “’n besonder kosbare verhouding” aangegaan, soos hy dit genoem het, toe hy met Mildred Willett getrou het, wat toe al lank as ’n ywerige pionier en sendeling gedien het. Broer en suster Barr het bekend gestaan as ’n voorbeeldige, hegte egpaar, en dit het hulle gebly totdat Mildred haar aardse loopbaan in Oktober 2004 voltooi het. Broer en suster Barr het elke dag van hulle getroude lewe ’n gedeelte uit die Bybel saam gelees.

Vir diegene wat hom geken het, sal die naam Jack Barr hulle laat dink aan ’n man wat weldeurdagte raad gegee het—altyd gebalanseerd, altyd liefdevol asook gegrond op die Skrif. Hy was ’n harde werker en ’n bedagsame en liefdevolle opsiener sowel as ’n lojale vriend. Sy kommentare, sy toesprake en sy gebede het geopenbaar hoe geestelikgesind hy was en hoe heg sy verhouding met Jehovah was.

Hoewel ons ons dierbare broer Barr sal mis, verheug ons ons saam met hom daarin dat hy die gawe van onsterflikheid ontvang het—’n voorreg waarna hy uitgesien het en waarvan hy dikwels gepraat het. Dit was al wat hy ooit wou hê.—1 Kor. 15:53, 54. *

[Voetnoot]

^ par. 8 Vir die lewensverhaal van John E. Barr, sien Die Wagtoring van 1 Julie 1987, bladsye 26-31.