Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Onthou jy?

Onthou jy?

Onthou jy?

Het jy die onlangse nommers van Die Wagtoring noukeurig gelees? Kyk of jy die volgende vrae kan beantwoord:

• Watter drie sleutelfaktore kan ons help om enige neiging tot oneerlikheid te weerstaan?

Dit is: (1) Kweek ’n heilsame vrees vir God aan (1 Pet. 3:12). (2) Ontwikkel ’n Bybelopgeleide gewete. (3) Werk hard om ’n gevoel van tevredenheid te bevorder.—4/15, bladsye 6-7.

• Hoe weet ons dat ons nie altyd streng moet lyk of ontspanning moet vermy om God met erns te dien nie?

Ons kan aan Jesus se voorbeeld dink. Hy het in ’n ontspanne atmosfeer maaltye saam met ander geniet. Ons weet dat hy nie te ernstig of te streng was nie. Ander, selfs kinders, het tot hom aangetrokke gevoel en was op hulle gemak by hom.—4/15, bladsy 10.

• Wat kan ’n egpaar doen as dit lyk asof hulle verhouding verswak het nadat hulle kinders gehad het?

Hulle moet hulle liefde vir mekaar herbevestig. ’n Man kan daarna streef om enige gevoelens van onsekerheid wat sy vrou dalk het, uit die weg te ruim. En albei moet hulle inspan om goed oor hulle gevoelens en fisiese behoeftes te kommunikeer.—5/1, bladsye 12-13.

• Wat is deur die olyfboom in Romeine hoofstuk 11 geïllustreer?

Die olyfboom het betrekking op die sekondêre deel van Abraham se saad, geestelike Israel. Jehovah is soos die wortel van hierdie simboliese olyfboom, en Jesus is soos die stam. Toe die meeste van die natuurlike Jode Jesus verwerp het, kon nie-Jode wat gelowiges geword het, daarop geënt word, waardeur die volle getal van die sekondêre deel van die saad van Abraham voortgebring is.—5/15, bladsye 22-25.

• Watter besonder goeie nuus kan ons aan die armes bied?

Die goeie nuus is: God het Jesus as Koning aangestel. Hy is die ideale Heerser om ’n einde aan armoede te maak. Waarom? Omdat hy oor die hele mensdom sal regeer en die mag het om op te tree; hy het medelye met die armes; en hy kan die oorsaak van armoede, ons oorgeërfde neiging tot selfsug, uit die weg ruim.—6/1, bladsy 7.

• Wat het Jesus bedoel toe hy vir Kajafas gesê het: “U het dit self gesê”?—Matt. 26:63, 64.

“U het dit self gesê” was blykbaar ’n algemene Joodse idioom wat bevestig dat ’n stelling waar is. Die hoëpriester Kajafas het gevra of Jesus die Christus, die Seun van God, is. Jesus se antwoord: “U het dit self gesê”, het dit bevestig.—6/1, bladsy 18.

• Kon die potensiële nakomelinge van die volmaakte man Jesus deel van die losprys word?

Nee. Hoewel Jesus die vader van miljarde volmaakte nakomelinge kon gewees het, was hierdie potensiële nakomelinge nie deel van die losprys nie. Net Jesus se volmaakte lewe het met dié van Adam ooreengestem (1 Tim. 2:6).—6/15, bladsy 13.

• Hoe kan Christene toon dat hulle die waarskuwing teen valse onderrigters, wat in Handelinge 20:29, 30 opgeteken is, ter harte neem?

Hulle ontvang nie valse onderrigters in hulle huise nie en groet hulle nie (Rom. 16:17; 2 Joh. 9-11). Christene vermy die lektuur van afvalliges, TV-programme waarin hulle verskyn en webwerwe met hulle leerstellings.—7/15, bladsye 15-16.

• Wie moet kinders van God leer?

In ooreenstemming met die Bybel se raad moet die vader en die moeder ’n aandeel daaraan hê (Spr. 1:8; Ef. 6:4). Navorsing toon dat dit ’n positiewe uitwerking op die kinders het as albei ouers betrokke is.—8/1, bladsye 6-7.