Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Onthou jy?

Onthou jy?

Onthou jy?

Het jy die onlangse nommers van Die Wagtoring noukeurig gelees? Kyk of jy die volgende vrae kan beantwoord:

• Wie was Olivétan, en waarom moet ons in sy werk belangstel?

Die Fransman Pierre Robert is so genoem. Gedurende die Hervorming in die 16de eeu het hy die Bybel in Frans vertaal. Hy het “opsiener” bo “biskop” en “gemeente” bo “kerk” verkies. Op sekere plekke het hy God se naam as “Jehovah” weergegee.—9/1, bladsye 18-20.

• Wat het God bedoel toe hy vir die Leviete gesê het: “Ek is jou deel”?

Al die ander stamme van Israel het ’n toegewese grondgebied ontvang, maar die Leviete het Jehovah as hulle “deel” gehad (Num. 18:20). Hulle het nie grond geërf nie, maar het ’n spesiale diensvoorreg ontvang. Jehovah het nietemin in hulle basiese materiële behoeftes voorsien. Vandag kan diegene wat die voorreg het om Koninkryksbelange te bevorder, die vertroue hê dat daar in hulle lewensbehoeftes voorsien sal word.—9/15, bladsye 7-8, 13.

• Hoe weet ons wanneer eertydse Jerusalem deur die Babiloniërs verower is?

Klassieke geskiedkundiges verstrek inkonsekwente, teenstrydige besonderhede oor die Babiloniese konings en hulle bewindstydperke. Geleerdes is dit egter eens dat Kores II Babilon in 539 VHJ, ’n sleuteldatum, verower het. Die Jode is vrygelaat, en hulle het teen 537 VHJ in hulle vaderland aangekom. Die Bybel sê dat hulle ballingskap 70 jaar geduur het. Jerusalem moes dus in 607 VHJ geval het (2 Kron. 36:21, 22; Jer. 29:10; Dan. 9:1, 2).—10/1, bladsye 26-31.

• Wat kan ’n Christen help om te besluit of ’n sekere vorm van ontspanning voordelig is of nie?

Om vas te stel of ’n vorm van ontspanning voordelig en in God se oë welgevallig sal wees, is dit nuttig om te vra: Wat behels dit? Wanneer sal ek daaraan deelneem? Saam met wie sal ek daaraan deelneem?—10/15, bladsye 9-12.

• Waarom sal dit verkeerd wees om ’n aborsie te hê?

God beskou lewe as heilig, en in sy oë is ’n embrio ’n lewende wese in eie reg (Ps. 139:16). Om ’n ongebore kind dood te maak, is moord, soos blyk uit die feit dat ’n persoon onder die Wet aanspreeklik gehou is as hy ’n ongebore kind beseer het (Eks. 21:22, 23).—11/1, bladsy 6.

• Hoe kan die verslag in Spreuke 7:6-23 ons help om nie na pornografie te kyk nie?

Hierdie gedeelte praat van ’n jong man wat in ’n gebied geloop het waar dit bekend was dat ’n onsedelike vrou woon. Sy het hom verlei. Vandag is dit verstandig van ons om Internetwebwerwe te vermy wat prikkelende beeldmateriaal bevat, en dit is belangrik om God se hulp in gebed te vra selfs voordat ’n mens sulke beeldmateriaal op die Internet teëkom.—11/15, bladsye 9-10.

• Hoe weet ons of die aarde in 2012 sal vergaan of nie?

As gevolg van siklusse in ’n eertydse Maja-kalender dink party dat die wêreld in 2012 sal vergaan. Maar dit is nie moontlik nie, want Jehovah het die aarde geskep om bewoon te word. Die Bybel sê dat die aarde vir ewig sal bestaan (Pred. 1:4; Jes. 45:18).—12/1, bladsy 10.

• Watter Bybelskrywers was teenwoordig op Pinkster 33 HJ?

Ses van die skrywers van die Christelike Griekse Geskrifte was blykbaar teenwoordig. Drie apostels was daar—Matteus, Johannes en Petrus. So ook twee van Jesus se halfbroers—Jakobus en Judas. En waarskynlik was die jong man Markus ook teenwoordig.—12/1, bladsy 22.