Ja, dit is die studie-uitgawe!
Ja, dit is die studie-uitgawe!
Ons het die studie-uitgawe herontwerp om dit aantrekliker en nuttiger vir jou te maak in jou studie van Jehovah se kosbare Woord van waarheid.—Ps. 1:2; 119:97.
Vier jaar gelede het ons twee uitgawes van Die Wagtoring begin uitgee, een vir die publiek en een vir ons—Jehovah se Getuies en ons progressiewe Bybelstudente.
’n Broer wat Jehovah al lank dien, het oor die studie-uitgawe geskryf: “Wonderlik en insigryk—dit was my indruk van die eerste studie-uitgawe van Die Wagtoring. Die dieper geestelike taal en gedagtes het my hart geraak. Baie dankie vir hierdie wonderlike nuwe voorsiening.” ’n Ander broer het geskryf: “Ek sien daarna uit om my ure lank in die studie-uitgawe te verdiep, met my naslaanbybel byderhand.” Ons hoop dat jy ook so voel.
Soos jy weet, word Die Wagtoring al sedert 1879 uitgegee, ’n prestasie wat slegs moontlik is met Jehovah se gees en seën (Sag. 4:6). Gedurende hierdie 133 jaar is daar al etlike veranderinge aan die voorblad van die tydskrif aangebring. Op die voorblad van elke studie-uitgawe van 2012 sal daar ’n kleurvolle kunstenaarsvoorstelling van ’n predikingstoneel wees, wat ons sal herinner aan ons godgegewe opdrag om deeglik oor Jehovah se Koninkryk te getuig (Hand. 28:23). Op die keersy van die voorblad, bladsy 2, sal jy die foto vind waarop die voorstelling gebaseer is, tesame met ’n kort beskrywing van wat daar gebeur en waar dit plaasvind. Gedurende die loop van die jaar sal dit ons almal daaraan herinner dat Jehovah se volk die goeie nuus “in die hele bewoonde aarde” verkondig.—Matt. 24:14.
Watter ander veranderinge is in die tydskrif aangebring? Die hersieningsvenster is na die begin van elke studieartikel geskuif. Dit sal die aandag vestig op die hoofpunte waarop jy moet let terwyl jy die artikel lees en bestudeer. Wagtoring-studiehouers moet natuurlik voortgaan om hierdie vrae aan die einde van die studie te gebruik om die materiaal te hersien. Jy sal oplet dat die kantruimtes ’n bietjie breër gemaak is en dat die bladsy- en paragraafnommers opvallender is.
Soos in hierdie maand se nommer verduidelik word, word ’n nuwe rubriek, “Uit ons Argief”, bygevoeg om te wys op belangrike verwikkelinge in die hedendaagse geskiedenis van Jehovah se Getuies. Persoonlike ondervindinge sal ook van tyd tot tyd verskyn onder die opskrif “Hulle het hulle gewillig aangebied”. Dit sal lewendige beskrywings bevat van die vreugde, tevredenheid en geluk wat broers en susters gesmaak het omdat hulle gaan dien het waar meer Koninkryksverkondigers nodig is.
Mag jy die tyd wat jy daaraan bestee om God se Woord met behulp van hierdie tydskrif te bestudeer, terdeë geniet.
Die uitgewers
[Prent op bladsy 3]
1879
[Prent op bladsy 3]
1895
[Prent op bladsy 3]
1931
[Prent op bladsy 3]
1950
[Prent op bladsy 3]
1974
[Prent op bladsy 3]
2008