Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“Sal jy asseblief ’n foto van ons neem?”

“Sal jy asseblief ’n foto van ons neem?”

“Sal jy asseblief ’n foto van ons neem?”

Ná die tweede dag van ’n streekbyeenkoms het Josué, ’n Betheliet in Mexiko, op toer gegaan in die stad Querétaro. Javier en Maru, ’n toeriste-egpaar van Colombia, het Josué gevra om ’n foto van hulle te neem. Omdat hy en sy Getuievriende goed geklee was en byeenkomslapelkaarte gedra het, het die egpaar hulle gevra of hulle ’n graduering of ’n ander spesiale geleentheid bygewoon het. Josué het verduidelik dat hulle ’n byeenkoms van Jehovah se Getuies bywoon en het die egpaar na die Sondagsessie genooi.

Die egpaar het gevoel dat hulle te verleë sou wees om dit by te woon omdat hulle nie gepaste klere vir so ’n geleentheid gehad het nie. Josué het hulle nietemin sy naam gegee, asook die telefoonnommer van die takkantoor waar hy dien.

Tot Josué se verbasing het hy vier maande later van Javier gehoor. Die egpaar het die byeenkoms bygewoon en wou nou hê dat Jehovah se Getuies hulle in Mexikostad moet besoek, waar hulle op hierdie stadium gewoon het. Kort daarna is ’n Bybelstudie met Javier en Maru begin, en hulle het die vergaderinge dadelik begin bywoon. Tien maande later het hulle verkondigers geword. Hoewel die egpaar na Toronto, Kanada, moes trek, het hulle aangehou om geestelike vooruitgang te maak en is hulle gedoop.

Later het Josué ’n brief van Javier ontvang waarin hy verduidelik het wat hom beweeg het om die waarheid aan te neem. “Voordat ons die byeenkoms bygewoon het, het ek en my vrou gepraat oor ons behoefte aan geestelike leiding. Toe ons sien hoe goed geklee julle is, het ons gedink dat julle sekerlik ’n baie spesiale vergadering bygewoon het. By die byeenkoms is ons beïndruk deur die liefdevolle wyse waarop ons na sitplekke geneem is, deur die hulp wat ons ontvang het om tekste in die Bybel te volg en deur die gedrag van die byeenkomsgangers. Dit het blykbaar nie saak gemaak dat ons soos toeriste geklee was nie.”

Hoe waar was die woorde van die wyse koning Salomo tog in Josué se geval! Salomo het geskryf: “Saai jou saad in die oggend en laat jou hand tot die aand nie rus nie; want jy weet nie waar dit sukses sal behaal nie, hetsy hier of daar, en of hulle al twee ewe goed sal wees nie” (Pred. 11:6). Kan jy saad saai deur geleenthede te benut om ander van ’n komende byeenkoms of openbare toespraak te vertel? Jehovah kan jou gebruik om diegene te trek wat na geestelike leiding honger en dors, soos die geval was met Javier en Maru.—Jes. 55:1.

[Prent op bladsy 32]

Van links na regs: Alejandro Voeguelin, Maru Pineda, Alejandro Pineda, Javier Pineda en Josué Ramírez by die takkantoor in Mexiko