Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Vrae van lesers

Vrae van lesers

Vrae van lesers

In watter opsig is die dood van God se lojales “kosbaar in die oë van Jehovah”?

▪ ’n Geïnspireerde psalmis het gesing: “Kosbaar in die oë van Jehovah is die dood van sy lojales” (Ps. 116:15). Die lewe van elke ware aanbidder van Jehovah is vir hom baie waardevol. Maar hierdie woorde in Psalm 116 verwys nie na die dood van net ’n individu nie.

Wanneer ’n gedenktoespraak vir ’n Christen gehou word, is dit nie gepas om Psalm 116:15 op die oorledene toe te pas nie, al het hy as ’n lojale kneg van Jehovah gesterf. Waarom nie? Omdat die psalmis se woorde ’n breër betekenis het. Dit beteken dat God die dood van die hele groep van sy lojales as te kosbaar ag om dit toe te laat.—Sien Psalm 72:14; 116:8.

Psalm 116:15 verseker ons dat Jehovah nie sal toelaat dat sy lojale knegte as ’n groep heeltemal van die aarde verwyder word nie. Trouens, ons hedendaagse geskiedenis getuig van ons volharding te midde van hewige beproewinge en vervolging, en dit lewer duidelike bewys dat God nooit sal toelaat dat ons uitgewis word nie.

Weens Jehovah se onbeperkte krag en onfeilbare voorneme sal hy nie toelaat dat ons as ’n groep uitgeroei word nie. As God dit sou toelaat, sal dit lyk of sy vyande magtiger is as hy—’n onmoontlikheid! Jehovah se voorneme dat hierdie planeet bewoon word deur mense wat lojaal is teenoor hom, sou onvervuld bly—en daar bestaan geen moontlikheid hiervan nie (Jes. 45:18; 55:10, 11). Selfs die verrigting van heilige diens aan Jehovah sou tot ’n einde kom as daar geen mense oor is om hom in die aardse voorhowe van sy groot geestelike tempel te dien nie! Daar sou geen grondslag wees vir die “nuwe aarde” nie—’n regverdige mensegemeenskap wat op ons planeet onder die “nuwe hemel” sal woon (Op. 21:1). En sonder aardse onderdane sou Christus se Duisendjarige Heerskappy dan ook nie ’n werklikheid kon word nie.—Op. 20:4, 5.

Twyfel oor God se posisie en reputasie sal ontstaan as hy sou toelaat dat sy vyande sy knegte as ’n groep heeltemal van die aarde uitwis. So ’n verwikkeling sou ’n klad op Jehovah se posisie as Universele Soewerein wees. Verder sal Jehovah uit respek vir homself en vir sy heilige naam nie die dood van sy lojales as ’n groep toelaat nie. En dink hieraan: Aangesien daar by God “geen onreg is nie”, sal hy nooit versuim om die groep mense te bewaar wat hom lojaal dien nie (Deut. 32:4; Gen. 18:25). Wat meer is, as God sou toelaat dat sy knegte as ’n groep uitgewis word, sal dit in stryd wees met sy Woord: “Jehovah sal sy volk ter wille van sy groot naam nie verstoot nie” (1 Sam. 12:22). Ja, “Jehovah sal sy volk nie verstoot nie, en ook sal hy sy erfdeel nie verlaat nie”.—Ps. 94:14.

Hoe vertroostend is dit tog om te weet dat Jehovah se volk nooit van die aarde af sal vergaan nie! Laat ons dan altyd lojaal wees teenoor God en vertroue stel in sy belofte: “Geen wapen wat teen jou gesmee sal word, sal enige sukses hê nie, en elke tong wat in die gereg teen jou sal opstaan, sal jy veroordeel. Dit is die erfbesitting van die knegte van Jehovah, en hulle regverdigheid is uit my.”—Jes. 54:17.

[Lokteks op bladsy 22]

God sal nooit toelaat dat sy volk uitgewis word nie