Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“My droom is bewaarheid”

“My droom is bewaarheid”

“My droom is bewaarheid”

Vyftien jaar gelede het Emilia as ’n gewone pionier gedien. Maar sy moes haar voltydse diens laat vaar. In onlangse jare het sy dikwels teruggedink aan hierdie uiters vreugdevolle tyd in haar lewe, en sy wou weer ’n groter aandeel aan die bediening hê.

Emilia se sekulêre werk het egter te veel tyd in beslag geneem, en hierdie struikelblok het haar van haar vreugde beroof. Sy het eenkeer voor haar medewerkers gesug: “Ek wens ek kon minder ure werk!” Die bestuurder het hiervan gehoor en haar kom vra of dit waar is. Emilia het haar verseker dat dit wel die geval is. Maar om dit moontlik te maak, moes ’n direkteur se goedkeuring verkry word, want maatskappybeleid het volkome toegewydheid van al die werknemers vereis. Ons suster het haar voorberei vir die vergadering met die direkteur en gebid vir vrede en moed.

Gedurende die vergadering het Emilia taktvol maar moedig gevra dat haar werksure verminder word. Sy het verduidelik dat sy haar vrye tyd gebruik om ander te help: “Ek is een van Jehovah se Getuies, en ek help mense geestelik. Deesdae het baie mense se sedelike waardes verswak. Hulle het duidelike waardes en standaarde nodig, en die wysheid wat ek hulle uit die Bybel leer, is vir hulle van onskatbare waarde. Ek wil nie hê dat my nauurse bedrywighede afbreuk moet doen aan die gehalte van my werk hier nie, maar ek wil graag meer vrye tyd hê om mense te help. Dit is waarom ek minder ure wil werk.”

Die direkteur het aandagtig geluister en gesê dat hy dit eenkeer oorweeg het om liefdadigheidswerk te doen. Toe het hy gesê: “Weens die redes wat jy gegee het, voel ek dat ek jou versoek moet toestaan. Maar besef jy dat jy minder geld gaan verdien?” Emilia het gesê dat sy dit besef en dat sy haar lewe sal vereenvoudig, indien nodig. Sy het bygevoeg: “My belangrikste doelwit is om vir mense iets te doen wat werklik sinvol is.” Die direkteur het vir haar gesê: “Ek bewonder mense wat hulle tyd onselfsugtig aan ander wy.”

Geen ander werknemer van dié maatskappy het al ooit sulke toegewings ontvang nie. Emilia werk nou slegs vier dae per week. Tot haar groot verbasing is sy ’n verhoging gegee, en sy verdien nou net soveel as voorheen! Sy sê: “My droom is bewaarheid, en ek kan weer as ’n gewone pionier dien!”

Het jy al daaraan gedink om jou omstandighede aan te pas sodat jy kan pionier of weer kan begin pionier?

[Lokteks op bladsy 32]

Die direkteur het vir haar gesê: “Ek bewonder mense wat hulle tyd onselfsugtig aan ander wy”