Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Onthou jy?

Onthou jy?

Onthou jy?

Het jy die onlangse nommers van Die Wagtoring noukeurig gelees? Kyk of jy die volgende vrae kan beantwoord:

Het Simson se hare hom krag gegee?

Dit was nie Simson se hare op sigself wat hom krag gegee het nie. Sy hare het die spesiale verhouding verteenwoordig wat hy as ’n Nasireër met God gehad het. Toe Delila sy hare laat afskeer het, het dit ’n uitwerking op hierdie verhouding gehad.—4/15, bladsy 9.

Watter drie dinge kan, net soos in die geval van ons letterlike hart, ’n voordelige uitwerking op ons figuurlike hart hê?

(1) Voeding. Net soos ons letterlike hart gesonde voedsel nodig het, het ons genoeg heilsame geestelike voedsel nodig. (2) Oefening. ’n Ywerige deelname aan die bediening kan ons geestelike hart in ’n goeie toestand hou. (3) Milieu. Ons kan druk verminder deur te assosieer met medegelowiges, wat vir ons omgee.—4/15, bladsy 16.

Hoe kan huweliksmaats weer vertroue opbou nadat een van hulle ontrou was?

Hulle moet (1) eerlik wees met mekaar; (2) as ’n span saamwerk; (3) ou gewoontes met nuwes vervang; en (4) weet wanneer om bitter gevoelens te laat vaar en die verhouding te probeer herstel.—5/1, bladsye 12-15.

Waarom moet Psalm 116:15 nie in ’n begrafnistoespraak op die oorledene toegepas word nie?

Die teks sê: “Kosbaar in die oë van Jehovah is die dood van sy lojales.” Dit beteken dat God die dood van al sy lojales as te kosbaar ag om dit toe te laat. Hy sal nie toelaat dat sy knegte as ’n groep van die aarde verwyder word nie.—5/15, bladsy 22

Wie was die kolporteurs?

Voor 1931 is die benaming “kolporteurs” toegepas op diegene wat nou pioniers genoem word.—5/15, bladsy 31.

Wat is ’n paar kenmerke wat toon dat die Bybel nie net nog ’n boek is wat deur mense geskryf is nie?

Die Bybel bevat talle profesieë wat vervul is. Dit bevat ook ’n verslag van feitelike geskiedenis, nie mites nie. Dit stem ooreen met akkurate wetenskap, en die boeke is in volkome harmonie. Dit is prakties vir vandag.—6/1, bladsye 4-8.

Wie maak “al hierdie koninkryke” uit wat in Daniël 2:44 gemeld word?

Dit verwys na die koninkryke, of regerings, wat voorgestel word deur die verskillende dele van die metaalbeeld wat deur Daniël uitgelê is.—6/15, bladsy 17.

Wanneer het die Anglo-Amerikaanse Wêreldmoondheid die sewende wêreldmoondheid van Bybelprofesie geword?

Hierdie saamgestelde wêreldmoondheid het tot stand gekom toe Brittanje en die Verenigde State gedurende die Eerste Wêreldoorlog op ’n betekenisvolle wyse saam opgetree het.—6/15, bladsy 19.

Hoe vergewe en vergeet God die sondes van berouvolles?

Jehovah sê aangaande diegene wat sy guns geniet: “Aan hulle sonde sal ek nie meer dink nie” (Jer. 31:34). Hy kan sondes op grond van die losprys vergewe. Wanneer God dit doen, vergeet hy in die sin dat hy nie aan hierdie sondes sal dink om weer straf toe te dien nie.—7/1, bladsy 18.

Waarom kan ons die wonderwerke glo wat in die Bybel opgeteken is?

Dit is dikwels in die openbaar verrig, nie in die geheim nie. Dit is gekenmerk deur eenvoud, sonder enige spesiale rekwisiete. Dit is verrig om God te verheerlik, nie mense nie. ’n Groot verskeidenheid wonderwerke is verrig, en destydse teenstanders het nie die wonderwerke self bevraagteken nie. Dit is redes waarom ons vertroue kan hê in die Bybel se verslag van wonderwerke.—8/1, bladsye 7-8.