DIE WAGTORING – STUDIE-UITGAWE September 2012

Hoe hierdie wêreld tot ’n einde sal kom

Die Bybel voorspel tien betekenisvolle gebeure wat binnekort sal plaasvind. Wat is hierdie gebeure? Hoe sal dit jou raak?

Vrede duisend jaar lank—En langer!

Vind uit hoe Jesus se heerskappy seëninge vir die mensdom sal meebring.

Teokratiese Skole—’n Bewys van Jehovah se liefde

Hoe kan elkeen van ons by goddelike onderrigting baat vind?

Leer uit die geduld van Jehovah en Jesus

Hoe toon Jehovah en Jesus dat hulle geduldig is? Wat kan ons doen om hulle geduld na te volg?

“Julle weet nie die dag en ook nie die uur nie”

Wat het Jesus hiermee bedoel? Watter uitwerking moet dit op elkeen van ons hê?

Jehovah laat sy vreugdevolle volk bymekaarkom

Hoe kom die feeste in die Bybel ooreen met die byeenkomste van Jehovah se Getuies? Waarom is dit goed as ons dit bywoon?