Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Onthou jy?

Onthou jy?

Het jy die onlangse nommers van Die Wagtoring noukeurig gelees? Kyk dan of jy die volgende vrae kan beantwoord:

Hoe kan ons die vuur van onbeheerste spraak blus?

Ons moet ons hart ondersoek. Eerder as om krities te wees van ’n broer, moet ons ons gesindheid in oënskou neem en probeer vasstel waarom ons so voel. Kritiseer ons hom dalk om onsselfh beter te laat lyk? Wat meer is, ’n kritiese gesindheid kan ’n gespanne situasie vererger.—8/15, bladsy 21.

Hoe het die Wet God se beskouing van vroue weerspieël?

Israelitiese vroue het baie vryheid geniet en het toegang tot opvoeding gehad. Hulle moes geëer en gerespekteer word, en hulle regte moes beskerm word.—9/1, bladsye 5-7.

Watter gebeure lê voor, met die oog op die naderende dag van Jehovah?

“Vrede en veiligheid!” sal uitgeroep word. Die nasies sal Babilon die Grote aanval en vernietig. God se volk sal aangeval word. Die oorlog van Armageddon sal plaasvind en dan sal Satan en sy demone in die afgrond gewerp word.—9/15, bladsy 4.

Hoe vind ons daarby baat om nie te weet wanneer die einde sal kom nie?

Die feit dat ons nie die dag of uur weet nie, stel ons in staat om te openbaar wat werklik in ons hart is. Dit gee ons die geleentheid om God se hart bly te maak. Dit spoor ons aan om ’n selfopofferende lewe te lei en help ons om in groter mate op God en sy Woord te vertrou. Wat meer is, dit bied ons die geleentheid om deur beproewinge gelouter te word.—9/15, bladsye 24-25.

Hoe kan ons Genesis 3:19 gebruik om te redeneer met ’n persoon wat aan die helse vuur glo?

Die vers sê dat Adam na die stof van die aarde sou terugkeer, nie dat hy na ’n helse vuur sou gaan nie.—10/1, bladsy 13.

Wie word verteenwoordig deur die “sewe sterre” in Jesus se regterhand wat in Openbaring 1:16, 20 genoem word?

Hulle verteenwoordig die geesgesalfde opsieners in die gemeentes en dus, by uitbreiding, alle opsieners.—10/15, bladsy 14.

Wat kan ’n gesin doen as hulle in die skuld is?

’n Egpaar moet openlik en kalm oor hulle skuld praat. Dit sal help as hulle hulle huidige begroting ontleed. Kan hulle hulle inkomste vergroot of die gesin se uitgawes verminder? Hulle moet besluit in watter volgorde hulle hulle skuld sal afbetaal en moet moontlik met hulle krediteure oor nuwe afbetalingsplanne onderhandel. Maar hulle moet realisties wees en geld op sy plek hou (1 Tim. 6:8).—11/1, bladsye 19-21.

Hoe het Jesus die nederige gesindheid geopenbaar waarna Jesaja 50:4, 5 verwys?

Hierdie verse sê dat die een wat “die tong gegee [is] van dié wat geleer is”, hom “nie in die teenoorgestelde rigting [sou draai] nie”. Jesus het ’n nederige gesindheid geopenbaar en het noulettend aandag geskenk aan die dinge wat sy Vader hom geleer het. Jesus was gretig en gewillig om by Jehovah te leer en het die nederigheid wat God geopenbaar het deur barmhartigheid aan die sondige mensdom te bewys, noukeurig waargeneem.—11/15, bladsy 11.

Hoe het ’n Estiese gedenkseël getuig van die onkreukbaarheid van Jehovah se Getuies?

In 2007 het die Nasionale Poskantoor ’n seël uitgereik wat verband hou met Stalin se uitwissing van die Estlanders. Die getal 382 het daarop verskyn, wat verwys het na die aantal Getuies en hulle kinders wat in 1951 na strafkampe diep in Rusland gedeporteer is.—12/1, bladsye 27-28.