DIE WAGTORING – STUDIE-UITGAWE April 2013

Hierdie nommer sal verduidelik hoe ons die Bybel moet bestudeer sodat ons goddelike wysheid in ons bediening en ons persoonlike lewe kan toepas.

Hulle het hulle gewillig aangebied—In Mexiko

Vind uit hoe baie jongmense uitdagings die hoof gebied het sodat hulle hulle Christelike bediening kon uitbrei.

Vind ten volle by Bybellees baat

Ons kan slegs by die Bybel baat vind as ons dit bestudeer en die leringe daarin toepas. Vind uit hoe jy in groter mate by jou Bybellees kan baat vind.

Help jouself en ander deur God se Woord te gebruik

Is die Bybel vir jou kosbaar? ’n Studie van 2 Timoteus 3:16 sal jou geloof in hierdie gawe van Jehovah opbou.

LEWENSVERHAAL

Vyf dekades in die voltydse diens naby die Noordpoolsirkel

Lees die lewensverhaal van Aili and Annikki Mattila, wat geleer het om op Jehovah te vertrou terwyl hulle as spesiale pioniers in die noorde van Finland gedien het.

‘Maak seker van die belangriker dinge’

Ons het die voorreg om deel te wees van God se universele organisasie. Hoe toon ons dat ons die werk wat dit vandag doen, ondersteun?

‘Moenie moeg word nie’

Wat sal ons help om met Jehovah se organisasie tred te hou en ons ywer in God se diens te behou?

Het jy geweet?

Jesus het voorspel dat Jehovah se tempel heeltemal vernietig sou word. Is Jerusalem se tempel ooit ná 70 HJ herbou?