DIE WAGTORING – STUDIE-UITGAWE September 2013

Hierdie nommer sal bespreek hoe om wyse besluite te neem, ons verhouding met Jehovah God te versterk en by Jehovah se herinneringe baat te vind.

Laat teenstellings jou help

Jesus het dikwels teenstellings gebruik. Sien hoe jy teenstellings kan gebruik om ander te help om Bybelwaarheid te leer.

Jehovah se herinneringe is betroubaar

Jehovah het nog altyd herinneringe gebruik om sy volk te lei en te rig. Waarom kan ons vandag God se herinneringe vertrou?

Maak Jehovah se herinneringe die vreugde van jou hart

Skep ons behae in Jehovah se gebooie of beskou ons dit as ’n las? Hoe kan ons ons vertroue in sy herinneringe opbou?

Word verander

Waarom moet dit vir alle Christene belangrik wees om “verander” te word? Wat behels hierdie verandering, en hoe kan ons dit doen?

Neem wyse persoonlike besluite

Hoe kan ons seker maak dat ons besluite met God se wil ooreenstem? Wat kan ons help om ons besluite deur te voer?

Die pionierdiens versterk ons verhouding met God

Kyk na agt maniere waarop pionierdiens jou verhouding met Jehovah kan versterk. Wat kan jou help om in hierdie lonende vorm van diens te bly?

Vrae van lesers

Waarom het Jesus trane gestort voordat hy Lasarus opgewek het, soos Johannes 11:35 toon?