DIE WAGTORING – STUDIE-UITGAWE November 2013

Hoe kan ons waardering toon vir God se geduld terwyl ons op Jehovah wag om teen hierdie goddelose stelsel op te tree? Hoe hou Jehovah en Jesus vandag as herders oor hulle aardse kudde toesig?

“Wees waaksaam met die oog op gebede”

Waarom moet ware Christene aanhou bid? Wie vind daarby baat wanneer jy vir ander bid?

Hoe ons in die behoeftes van ander kan voorsien

Vind uit hoe bydraes vir die wêreldwye werk van Jehovah se Getuies help om in die fisiese en geestelike behoeftes van ander te voorsien.

Hoe kan ons “’n wagtende houding” handhaaf?

Watter gebeurtenisse sal die einde van ons wagtyd aandui wanneer Jehovah teen hierdie goddelose stelsel optree? Hoe kan ons waardering vir God se geduld toon?

LEWENSVERHAAL

Om God te dien, is vir hom soos medisyne!

Onesmus is met osteogenesis imperfecta, of brosbeensiekte, gebore. Hoe het God se beloftes in die Bybel hom aangemoedig?

Sewe herders, agt hertoë—Wat hulle vandag vir ons beteken

In watter opsig was Hiskia, Jesaja, Miga en die vorste van Jerusalem in die agtste eeu VHJ goeie herders? Wie word vandag deur die sewe herders en agt hertoë verteenwoordig?

Wees gehoorsaam aan Jehovah se herders

Opsieners is deur heilige gees aangestel om oor die gemeente van God toesig te hou. Waarom moet die skape na hulle luister?

Herders, volg die grootste Herders na

Wat kan die ouer manne doen wanneer ’n gemeentelid geestelike hulp nodig het? Hoe kan ouer manne “die groot herder”, Jesus Christus, navolg?

UIT ONS ARGIEF

“Ek was soos ’n skilpad in sy dop”

Laat in 1929 is die wêreldwye ekonomiese stelsel in die Groot Depressie gedompel. Hoe het voltydse predikers gedurende daardie krisis kop bo water gehou?