Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Onthou jy?

Onthou jy?

Het jy die onlangse nommers van Die Wagtoring noukeurig gelees? Wel, kyk of jy die volgende vrae kan beantwoord:

Wanneer het Jesus “vir die geeste in die gevangenis gepreek”? (1 Pet. 3:19)

Dit wil voorkom asof Jesus die een of ander tyd ná sy opstanding ’n oordeelsboodskap aan die bose geeste oorgedra het oor die verdiende straf wat hulle sal ontvang.—6/15, bladsy 23.

Wat is drie uitdagings waarvoor diegene te staan kom wat ’n sukses van ’n tweede huwelik wil maak?

Dit is: om te voorkom dat jou huwelik deur ’n vroeëre huwelik oorskadu word; om saam met jou ou vriende te kuier wat jou nuwe huweliksmaat nie goed ken nie; om jou nuwe huweliksmaat te vertrou al was jou eerste huweliksmaat moontlik ontrou.—7/1, bladsye 9-10.

Wanneer oordeel Jesus mense as skape of bokke? (Matt. 25:32)

Dit sal plaasvind wanneer Jesus kom om mense gedurende die groot verdrukking te oordeel, nadat valse godsdiens vernietig is.—7/15, bladsy 6.

Wanneer sal die wetteloses in die gelykenis van die koring en die onkruid huil en op hulle tande kners? (Matt. 13:36, 41, 42)

Hulle sal dit gedurende die groot verdrukking doen, wanneer hulle besef dat hulle nie aan die vernietiging kan ontkom nie.—7/15, bladsy 13.

Wanneer word Jesus se woorde oor die getroue en verstandige slaaf vervul? (Matt. 24:45-47)

Die vervulling daarvan het nie op Pinkster 33 HJ begin nie, maar ná 1914. Die slaaf is in 1919 aangestel oor die huisknegte, wat alle Christene insluit wat geestelik gevoed word.—7/15, bladsye 21-23.

Wanneer stel Jesus die getroue slaaf oor al sy besittings aan?

Dit sal in die toekoms wees, gedurende die groot verdrukking, wanneer die getroue slaaf die hemelse beloning ontvang.—7/15, bladsy 25.

Word die naam van party mense nie in die Bybel gemeld nie omdat hulle sleg of onbelangrik was?

Ons moenie tot hierdie slotsom kom nie. Onder dié wie se naam nie in die Bybel genoem word nie, was daar goeie sowel as slegte mense (Rut 4:1-3; Matt. 26:18). Die naam van slegs twee van die getroue engele word genoem.—8/1, bladsy 10.

Benewens krag van God, wat het 230 Getuies gehelp om die lang mars van die Sachsenhausen-konsentrasiekamp af te oorleef?

Hoewel hulle swak was weens verhongering en siekte, het hulle mekaar die hele tyd aangemoedig om nie tou op te gooi nie.—8/15, bladsy 18.

Waarom is die verslag van hoe die Israeliete die Jordaanrivier oorgesteek het om die Beloofde Land binne te gaan, vir ons aanmoedigend?

Hoewel die rivier in vloed was, het Jehovah die waters laat opdam sodat sy volk dit kon oorsteek. Dit het ongetwyfeld hulle geloof en vertroue in hom versterk, en die verslag kan ons bemoedig.—9/15, bladsy 16.

Wat toon die feit dat die Bybel dikwels van kleur melding maak?

Die Bybel se gebruik van kleur toon dat God bewus is dat kleur ’n reaksie by mense uitlok en dat kleur ons kan help om dinge te onthou.—10/1, bladsye 14-15.

Hoe word die profesie in Miga 5:5 oor hertoë en herders vandag vervul?

Ons verstaan dat die ‘sewe herders en agt hertoë’ wat in Miga 5:5 genoem word, na die aangestelde ouer manne in die gemeente verwys wat God se knegte vir ’n voorspelde toekomstige aanval op hulle versterk.—11/15, bladsy 20.

Wat is ’n paar redes waarom ons God nodig het?

Ons het goeie leiding en oplossings vir die lewe se probleme nodig, en God voorsien albei. Hy help ons om ’n bevredigende en gelukkige lewe te lei, en hy sal die beloftes in sy Woord vervul om dit moontlik te maak.—12/1, bladsye 4-6.