Hulle het hulle gewillig aangebied —In Wes-Afrika
PASCAL het in ’n arm buurt in die Ivoorkus grootgeword en het na ’n beter lewe gesmag. Hy was ’n amateurbokser en het gewonder: ‘Waar sal dit vir my moontlik wees om ’n sportster te word en ryk te word?’ Toe hy in sy middeltwintigerjare was, het hy tot die slotsom gekom dat Europa die beste plek sou wees. Maar aangesien hy geen reisdokumente gehad het nie, sou hy Europa onwettig moes binnegaan.
In 1998, toe Pascal 27 was, het hy sy reis begin. Hy het die grens oorgesteek na Ghana, deur Togo en Benin gereis en uiteindelik die dorp Birni Nkonni in Niger bereik. Die gevaarlike deel van sy reis sou nou begin. Om na die noorde te reis, moes hy op ’n vragmotor klim en die Saharawoestyn oorsteek. Dan, wanneer hy die Middellandse See bereik, sou hy op ’n boot klim en na Europa vaar. Dit was die plan, maar twee dinge het in Niger gebeur wat hom verhinder het.
Eerstens het sy geld opgeraak. Tweedens het hy ’n pionier met die naam Noé ontmoet, wat die Bybel met hom begin studeer het. Wat hy geleer het, het hom diep geraak en sy beskouing van die lewe verander. Sy materiële doelwitte is vervang deur geestelike belange. In Desember 1999 is Pascal gedoop. Om sy dankbaarheid aan Jehovah te betoon, het hy in 2001 begin pionier in Niger
’N BEVREDIGENDER LEWE —IN AFRIKA
Soos Pascal, het baie gevind dat hulle lewe bevredigender is wanneer hulle geestelike doelwitte nastreef. Om hierdie doelwitte te bereik, het party van Europa na Afrika getrek om in gebiede te dien waar Koninkryksverkondigers nodiger is. Trouens, sowat 65 Getuies van Europa
Anne-Rakel van Denemarke sê: “My ouers het in Senegal as sendelinge gedien. Hulle het altyd met soveel entoesiasme oor hulle lewe as sendelinge gepraat dat ek ook daardie soort lewe wou hê.” Ongeveer 15 jaar gelede, toe Anne-Rakel in haar vroeë 20’s was, het sy na Togo getrek. Sy dien daar in ’n gebaretaalgemeente. Hoe het haar besluit ander aangemoedig? Sy sê: “My jonger suster en my broer het later by my in Togo aangesluit.”
Aurele, ’n getroude broer van Frankryk wat 70 jaar oud is, sê: “Toe ek vyf jaar gelede afgetree het, het ek voor ’n keuse te staan gekom
Clodomir en sy vrou, Lysiane, het 16 jaar gelede van Frankryk na Benin getrek. Aan die begin het hulle hulle familie en vriende in Frankryk baie gemis, en hulle was bang dat hulle nie by hulle nuwe lewenswyse sal kan aanpas nie. Maar hulle vrese was ongegrond. Hulle het baie vreugde ondervind. “Oor die afgelope 16 jaar”, sê Clodomir, “het ons die voorreg gehad om gemiddeld een persoon per jaar te help om die waarheid aan te neem.”
Sébastien en Johanna, ’n egpaar van Frankryk, het in 2010 na Benin getrek. “Daar is baie werk om in die gemeente te doen”, sê Sébastien. “Om hier te dien, is soos om ’n gevorderde teokratiese opleidingskursus by te woon!” Hoe reageer mense in die bediening? Johanna sê: “Mense dors na die waarheid. Selfs wanneer ons nie in die bediening is nie, stop mense ons op straat om Bybelvrae te vra en ons publikasies te kry.” Watter uitwerking het hulle besluit op hulle huwelik gehad? Sébastien sê: “Dit het ons huwelik versterk. Ek geniet dit om die hele dag in die bediening saam met my vrou deur te bring.”
Eric en sy vrou, Katy, dien as pioniers in die noorde van Benin, ’n gebied wat yl bevolk is. Sowat tien jaar gelede, terwyl hulle in Frankryk gewoon het, het hulle artikels begin lees oor diegene wat dien waar hulp nodig is en met voltydse dienaars begin praat. Dit het by hulle die begeerte gewek om na die buiteland te trek, en hulle het dit in 2005 gedoen. Die groei wat hulle gesien het, was indrukwekkend. Eric sê: “Twee jaar gelede het ons groep in die dorp Tanguiéta 9 verkondigers gehad; nou is daar 30. Op Sondae woon tussen 50 en 80 die vergadering by. Watter onvergelyklike vreugde verskaf dit ons tog om sulke groei te sien!”
IDENTIFISEER EN OORKOM UITDAGINGS
Voor watter uitdagings kom party te staan wat gaan dien het waar hulp nodig is? Benjamin, wat 33 jaar oud is, is Anne-Rakel se broer. In 2000 het hy ’n sendeling in Denemarke ontmoet wat in Togo gedien het. Benjamin vertel: “Toe ek vir die sendeling gesê het dat ek wil pionier, het hy gesê: ‘Jy kan natuurlik in Togo pionier.’” Benjamin het daaroor gedink. Hy sê: “Ek was op daardie stadium nog nie eens 20 jaar oud nie, maar my twee susters het alreeds in Togo gedien. Dit het dit vir my makliker gemaak om soontoe te gaan.” Hy het dus getrek. Daar was nietemin ’n uitdaging. Benjamin verduidelik: “Ek kon glad nie Frans praat nie. Die eerste ses maande was moeilik omdat ek nie werklik kon kommunikeer nie.” Maar met verloop van tyd het hy vordering gemaak. Benjamin dien nou by Bethel in Benin, waar hy lektuur aflewer en in die rekenaarafdeling help.
Eric en Katy, wat vroeër gemeld is, het in ’n anderstalige veld in Frankryk gedien voordat hulle na Benin getrek het. In watter opsig was Wes-Afrika anders? Katy sê: “Dit was nie maklik om ’n gepaste blyplek te vind nie. Ons het maande lank in ’n huis sonder elektrisiteit en lopende water gewoon.” Eric voeg by: “Musiek het tot laat in die nag hard geblêr. Wanneer dit by sulke dinge kom, moet ’n mens geduldig wees en bereid wees om aan te pas.” Hulle is dit eens: “Die vreugde wat dit meebring om te dien in ’n gebied wat feitlik onaangeraak is, oortref enige probleme waarvoor ’n mens te staan kom.”
Michel en Marie-Agnès, ’n egpaar van Frankryk wat in hulle laat 50’s is, het omtrent vyf jaar gelede na Benin getrek. Aanvanklik was hulle senuweeagtig. Michel sê: “Party het ons besluit vergelyk met ’n koordloper wat ’n kruiwa stoot
HOE OM JOU VOOR TE BEREI
Diegene wat al gaan dien het waar hulp nodig is, beklemtoon die belangrikheid daarvan om jou voor te berei deur hierdie stappe te doen: Beplan vooruit. Leer om aan te pas. Bly by ’n begroting. Vertrou op Jehovah.
Sébastien, wat vroeër gemeld is, vertel: “Voordat ons getrek het, het ek en Johanna twee jaar lank gespaar deur minder geld aan vermaak te bestee en nie onnodige dinge te koop nie.” Om aan te hou om in die buiteland te dien, werk hulle elke jaar ’n paar maande lank in Europa, wat dit vir hulle moontlik maak om vir die res van die jaar in Benin te pionier.
Marie-Thérèse is een van die sowat 20 ongetroude susters van die buiteland wat in Wes-Afrika gaan dien het. Sy het in Frankryk as ’n busbestuurder gewerk, maar in 2006 het sy ’n jaar verlof geneem om in Niger te pionier. Kort voor lank het sy geweet dat dit die soort lewe is wat sy eintlik wou hê. Marie-Thérèse sê: “Nadat ek na Frankryk teruggekeer het, het ek vir my werkgewer gevra of ek my werkrooster kan aanpas, en hy het ingestem. Nou werk ek van Mei tot Augustus as ’n busbestuurder in Frankryk, en van September tot April pionier ek in Niger.”
Diegene wat ‘eers die koninkryk soek’, kan die vertroue hê dat Jehovah ‘al die ander nodige dinge’ sal voorsien (Matt. 6:33). Ter toeligting: Kyk wat gebeur het met Saphira, ’n ongetroude suster van Frankryk in haar laat 20’s wat in Benin as ’n pionier dien. In 2011 was sy terug in Frankryk om genoeg geld te verdien sodat sy haar nog ’n jaar (haar sesde) in Afrika kon onderhou. Saphira vertel: “Dit was ’n Vrydag, my laaste dag by die werk, maar ek moes nog tien dae werk om genoeg geld vir die komende jaar te verdien. Ek het nog net twee weke in Frankryk oorgehad. Ek het tot Jehovah gebid en my situasie verduidelik. Kort daarna het ’n personeelagentskap my gebel om te vra of ek iemand vir twee weke kan vervang.” Op die Maandag het Saphira na die werksplek gegaan om opgelei te word deur die werker wat sy sou vervang. Sy sê: “Wat ’n verrassing was dit tog toe ek uitvind dat sy ’n Christensuster is wat tien dae verlof nodig gehad het om die Pionierdiensskool by te woon! Haar bestuurder het haar verlof geweier tensy iemand haar kon vervang. Sy het Jehovah om hulp gesmeek
’N BRON VAN WARE BEVREDIGING
Party broers en susters dien al jare lank in Wes-Afrika en het dit hulle tuiste gemaak. Ander het ’n paar jaar gebly en toe na hulle geboorteland teruggekeer. Maar hulle vind selfs vandag nog baat by die jare wat hulle in die buiteland gedien het. Hulle het geleer dat dit ware bevrediging in die lewe meebring om Jehovah te dien.
^ par. 6 Die takkantoor in Benin hou toesig oor die werk in al vier lande, waar Frans gepraat word.