Hou goeie moed —Jehovah is jou helper!
“Hou [goeie moed] en sê: ‘Jehovah is my helper.’”
1, 2. Voor watter uitdagings kom baie emigrante te staan wanneer hulle terugkeer huis toe? (Sien prent aan begin van artikel.)
“TOE ek in die buiteland gewerk het, het ek ’n verantwoordelike posisie gehad en ’n goeie inkomste verdien”, vertel Eduardo. * “Maar toe ek die Bybel saam met Jehovah se Getuies begin studeer het, het ek besef dat ek ’n belangriker verantwoordelikheid het
2 Eduardo het geweet dat hy Jehovah behaag deur na sy gesin terug te keer. Maar soos Marilyn, wat in die vorige artikel genoem is, moes Eduardo die lang proses begin om gesinsverhoudings te herstel. Hy het ook voor die uitdaging te staan gekom om sy vrou en kinders in ’n baie swakker ekonomie te onderhou. Hoe sou hy ’n bestaan maak? Watter hulp kon hy van ander in die gemeente verwag?
HOE OM DIE SKADE AAN JULLE GEESTELIKHEID EN GESINSLEWE TE HERSTEL
3. Watter uitwerking het ’n ouer se afwesigheid op kinders?
3 “Ek het geweet dat ek my kinders afgeskeep het toe hulle my leiding en liefde die nodigste gehad het”, erken Eduardo. “Ek was nie daar om vir hulle Bybelverhale te lees, saam met hulle te bid, hulle te omhels en met hulle te speel nie” (Deut. 6:7). Sy oudste dogter, Anna, vertel: “Ek het emosioneel onseker gevoel omdat my pa nie by ons gewoon het nie. Toe hy teruggekeer het, het ons net sy gesig en stem geken. Dit het onnatuurlik gevoel wanneer hy my ’n drukkie gegee het.”
4. Watter uitwerking het ’n man se afwesigheid op sy vermoë om sy rol as gesinshoof te vervul?
4 ’n Pa se afwesigheid ondermyn ook sy vermoë om sy rol as gesinshoof te vervul. Eduardo se vrou, Ruby, verduidelik: “Ek moes twee rolle vervul
5. Hoe het een pa die skade wat sy afwesigheid berokken het, begin herstel, en wat was die gevolg?
5 Eduardo was vasbeslote om alles in sy vermoë te doen om sy verhouding met sy gesin te herstel en om hulle geestelik op te bou. “My doelwit was om die waarheid deur woord en daad by my kinders in te skerp
AANVAAR VERANTWOORDELIKHEID
6. Watter les het sommige ouers gedurende oorlogstyd geleer?
6 Party ondervindinge toon dat kinders van Getuies van Jehovah gedurende die oorlog in die Balkan gelukkig was ondanks die moeilike lewensomstandighede. Waarom? Ouers wat nie werk toe kon gaan nie, het by die huis gebly en saam met hulle kinders gestudeer, gespeel en gesels. Die les? Kinders het tyd met hulle ouers nodiger as geld of geskenke. Trouens, soos God se Woord sê, sal kinders daarby baat vind as hulle aandag en opleiding van hulle ouers ontvang.
7, 8. (a) Watter fout begaan party ouers wat terugkeer huis toe? (b) Hoe kan ouers hulle kinders help om negatiewe gevoelens te oorkom?
7 Party ouers wat terugkeer huis toe en vind dat hulle kinders hulle verwyt of afsydig teenoor hulle staan, reageer ongelukkig deur te sê: “Hoe kan julle so ondankbaar wees vir al die opofferings wat ek vir julle gemaak het?” Maar hulle kinders se negatiewe gesindheid is moontlik grootliks te wyte aan die feit dat die ouer afwesig was. Wat kan ’n ouer doen om die verhouding te herstel?
8 Vra Jehovah om jou te help om meer begrip vir jou gesinslede te toon. Dan, wanneer jy met jou gesin praat, moet jy erken en aanvaar dat jy deels vir die probleem verantwoordelik is. ’n Opregte verskoning sal dalk help. Wanneer jou huweliksmaat en kinders jou volgehoue pogings sien om dinge reg te stel, sal hulle besef dat jy opreg is. Met vasbeslotenheid en geduld kan jy geleidelik jou gesin se liefde en respek terugwen.
‘SORG VIR JOU HUISGESIN’
9. Waarom hoef ’n Christen wat vir ‘sy huisgesin moet sorg’, nie heeltyd meer materiële dinge na te jaag nie?
9 Die apostel Paulus het gesê dat kinders en kleinkinders “’n verskuldigde vergoeding aan hulle ouers en grootouers [moet] betaal” as ouer Christene nie met hulle geld kan uitkom nie. Maar Paulus het alle Christene aangespoor om tevrede te wees met die daaglikse benodigdhede
10. Hoe kan ons goddelike wysheid openbaar wanneer dit kom by skuld?
10 Jehovah weet dat ons geld nodig het. Maar geld kan ons nie beskerm en ons lewe bewaar soos goddelike wysheid dit kan doen nie (Pred. 7:12; Luk. 12:15). In baie gevalle onderskat mense wat dit verg om in die buiteland te gaan werk, en daar is geen waarborg dat hulle geld sal maak nie. Trouens, dit hou ernstige gevare in. Baie emigrante keer terug met selfs meer skuld. In plaas daarvan om meer tyd te hê om God te dien, dien hulle dan die mense vir wie hulle geld skuld. (Lees Spreuke 22:7.) Dit is verstandig om in die eerste plek nie skuld te maak nie.
11. Hoe kan dit gesinne help om minder finansiële druk te ondervind as hulle by ’n begroting bly?
11 Eduardo het geweet dat hy geld wyslik sou moes bestee as hy vir sy gesin wou sorg sonder om in die buiteland te gaan werk. Hy en sy vrou het ’n begroting opgestel op grond van wat hulle werklik nodig het. Die begroting was natuurlik baie meer beperk as dit waaraan hulle gewoond was. Maar die gesin het saamgewerk en het nie geld op onnodige dinge bestee nie. * “Ek het my kinders byvoorbeeld uit privaat skole gehaal en goeie staatskole vir hulle gevind”, sê Eduardo. Hy en sy gesin het gebid dat hy sekulêre werk sou vind wat nie op hulle geestelike roetine inbreuk sou maak nie. Hoe het Jehovah hulle gebede verhoor?
12, 13. Watter praktiese stappe het ’n pa gedoen om sy gesin te onderhou, en hoe het Jehovah sy vasbeslotenheid geseën om sy lewe eenvoudig te hou?
12 “Die eerste twee jaar het ons feitlik net kop bo water gehou”, vertel Eduardo. “My geld was besig om op te raak, my karige inkomste het nie altyd ons uitgawes gedek nie, en ek was uitgeput. Maar ons kon al die vergaderinge bywoon en saam velddiens doen.” Eduardo was vasbeslote om nie eers ’n werksaanbod te oorweeg wat hom maande of jare lank van sy gesin sou wegneem nie. Hy sê: “Ek het eerder geleer om verskillende soorte werk te doen sodat ek my kanse kon vergroot om werk te kry.”
13 Omdat Eduardo sy skuld geleidelik moes afbetaal, moes hy meer rente betaal op die geld wat hy geleen het. Maar hy het dit beskou as ’n geringe prys om te betaal om by alle aspekte van sy gesin se lewe betrokke te wees, soos Jehovah van ouers verwag. “Ek verdien nou minder as 10 persent van wat ek in die buiteland verdien het”, sê Eduardo, “maar ons ly nie honger nie. ‘Die hand van Jehovah is nie kort nie.’ Trouens, ons het besluit om te begin pionier. Merkwaardig genoeg het die ekonomie daarna verbeter en het dit baie makliker geword om die lewensbenodigdhede te bekom.”
HOE OM FAMILIEDRUK DIE HOOF TE BIED
14, 15. Hoe kan gesinne die druk die hoof bied om materiële dinge bo geestelike doelwitte te stel, en wat kan hulle goeie voorbeeld tot gevolg hê?
14 Op baie plekke voel mense verplig om vir hulle familie en vriende geld en geskenke te gee. “Dit is deel van ons kultuur, en ons geniet dit om te gee”, verduidelik Eduardo, maar hy voeg by: “Iewers moet ’n mens die streep trek. Ek verduidelik op taktvolle wyse vir my uitgebreide familie dat ek hulle soveel sal gee as wat ek kan sonder om my gesin se geestelike behoeftes en roetine te benadeel.”
15 Emigrante wat teruggekeer het sowel as diegene wat geleenthede weier om sonder hulle gesin in die buiteland te gaan werk, moet dikwels die woede, veragting en teleurstelling verduur van familielede wat hulle moontlik as broodwinners beskou het. Party beskuldig hulle daarvan dat hulle nie liefdevol is nie (Spr. 19:6, 7). “Wanneer ons egter weier om geestelike dinge vir geldelike gewin prys te gee”, sê Eduardo se dogter, Anna, “sal party van ons familielede dalk later besef hoe belangrik ons Christelike lewe werklik is. Maar hoe sal hulle dit ooit verstaan as ons aan hulle eise toegee?”
BEOEFEN GELOOF IN GOD
16. (a) Hoe kan ’n persoon hom “met valse redenering bedrieg”? (Jak. 1:22). (b) Watter soort besluite seën Jehovah?
16 Toe ’n suster sonder haar huweliksmaat en kinders in ’n welvarender land aangekom het, het sy vir die ouer manne gesê: “Ons moes groot opofferings maak sodat ek hierheen kon kom. My man het selfs van sy ouermanskap afstand gedoen. Ek hoop dus werklik dat Jehovah hierdie besluit sal seën.” Jehovah seën altyd besluite wat gegrond is op geloof in hom, maar hoe kan hy ’n besluit seën wat in stryd is met sy wil, veral as dit behels dat iemand onnodig heilige voorregte prysgee?
17. Waarom moet ons Jehovah se leiding soek voordat ons besluite neem, en hoe kan ons dit doen?
17 Soek Jehovah se leiding voordat jy besluite neem of jou tot iets verbind, nie daarna nie. Bid vir sy heilige gees, wysheid en leiding (2 Tim. 1:7). Vra jou af: ‘Onder watter omstandighede is ek bereid om Jehovah te gehoorsaam? Selfs onder vervolging?’ Is jy dan bereid om hom te gehoorsaam as dit behels dat jy jou lewenstandaard verlaag? (Luk. 14:33). Vra skriftuurlike raad by die ouer manne, en toon jou geloof en vertroue in Jehovah se belofte om jou te help deur sy raad te volg. Die ouer manne kan nie namens jou besluite neem nie, maar hulle kan jou help om besluite te neem wat op die lange duur tot geluk sal lei.
18. Wie se verantwoordelikheid is dit om vir ’n gesin te sorg, maar watter omstandighede gee ander ’n geleentheid om hulp te verleen?
18 Jehovah verwag van ’n gesinshoof om die daaglikse “vrag” te dra om vir sy gesin te sorg. Ons moet diegene wat hierdie verantwoordelikheid nakom sonder om te swig voor die druk of versoeking om hulle huweliksmaat of kinders agter te laat, prys en vir hulle bid. Onverwagte omstandighede, soos natuurrampe of mediese noodgevalle, gee ons ’n geleentheid om ware Christelike liefde en meegevoel aan mekaar te betoon (Gal. 6:2, 5; 1 Pet. 3:8). Kan jy in ’n noodgeval finansiële hulp verleen of ’n mede-Christen help om plaaslik werk te vind? Indien wel, sal jy waarskynlik die druk verminder wat hy of sy moontlik ondervind om die gesin agter te laat en iewers anders te gaan werk.
ONTHOU DAT JEHOVAH JOU HELPER IS!
19, 20. Waarom kan Christene tevrede wees in die wete dat Jehovah hulle sal help?
19 Die Skrif spoor ons aan: “Laat julle lewenswyse vry wees van die liefde vir geld, terwyl julle tevrede is met die teenwoordige dinge. Want [God] het gesê: ‘Ek sal jou hoegenaamd nie verlaat of jou ooit versaak nie.’ Daarom kan ons goeie moed hou en sê: ‘Jehovah is my helper; ek sal nie bang wees nie. Wat kan die mens aan my doen?’” (Heb. 13:5, 6). Hoe kan ons dit prakties toepas?
20 “Mense sê dikwels hoe gelukkig Jehovah se Getuies is”, sê ’n broer in ’n ontwikkelende land wat al lank as ’n ouer man dien. “Hulle merk ook op dat selfs arm Getuies altyd netjies aangetrek is en lyk asof hulle beter af is as ander.” Dit stem ooreen met die belofte wat Jesus gemaak het aan dié wat die Koninkryk eerste stel (Matt. 6:28-30, 33). Ja, jou hemelse Vader, Jehovah, is lief vir jou en wil net die beste vir jou en jou kinders hê. “Jehovah se oë deurloop die hele aarde om sy krag te toon ten behoewe van dié wie se hart volkome teenoor hom is” (2 Kron. 16:9). Hy het sy gebooie
21, 22. Waarom is jy vasbeslote om te toon dat jy op Jehovah vertrou?
21 “Ek weet dat ek die tyd wat ek weg van my vrou en kinders af was, nooit kan terugkry nie”, sê Eduardo, “maar ek tob nie oor al die dinge waaroor ek spyt is nie. Baie van my vorige werksmaats is ryk maar ongelukkig. Hulle gesinne het ernstige probleme. Maar ons gesin is baie gelukkig! En dit beïndruk my om te sien hoe ander broers in hierdie land geestelike dinge eerste in hulle lewe stel, al is hulle arm. Ons almal sien hoe betroubaar Jesus se belofte is.”
22 Hou goeie moed! Kies om Jehovah te gehoorsaam en op hom te vertrou. Laat jou liefde vir God, vir jou huweliksmaat en vir jou kinders jou beweeg om jou geestelike verantwoordelikheid teenoor jou gesin na te kom. Dan sal jy sien dat ‘Jehovah jou helper is’.