DIE WAGTORING – STUDIE-UITGAWE Mei 2014

Hierdie nommer bespreek drie metodes wat ons in ons bediening kan gebruik om oortuigende antwoorde op moeilike vrae te gee. Waarom is dit noodsaaklik dat ons aan God se organisasie lojaal bly?

‘My voedsel is om God se wil te doen’

Koning Dawid, die apostel Paulus en Jesus Christus wou God se wil doen. Hoe kan ons ons ywer vir die bediening behou of hernieu in ’n moeilike gebied?

Hoe moet ons ‘elkeen antwoord’?

Hoe kan ons doeltreffend oor die Skrif redeneer om moeilike vrae te beantwoord? Kyk na drie metodes wat ons kan gebruik om oortuigende antwoorde te gee.

Volg die Gulde Reël in jou bediening

Hoe moet ons elke persoon behandel wat ons in ons bediening ontmoet? Hoe is Jesus se woorde in Matteus 7:12 van toepassing op ons bediening?

LEWENSVERHAAL

Jehovah het my werklik gehelp

Kenneth Little vertel hoe Jehovah God hom gehelp het om sy skaamheid en gebrek aan selfvertroue te oorkom. Lees hoe God sy pogings dwarsdeur sy lewe geseën het.

Jehovah is ’n God van organisasie

Hoe toon die verslae oor eertydse Israel en die eerste-eeuse Christene dat Jehovah se knegte op aarde vandag georganiseerd moet wees?

Hou jy tred met Jehovah se organisasie?

Satan se stelsel van dinge sal binnekort vernietig word. Waarom is dit noodsaaklik dat ons lojaal bly aan die organisasie wat God vandag op die aarde gebruik?

UIT ONS ARGIEF

‘Daar is nog oeswerk wat gedoen moet word’

Daar is meer as 760 000 Getuies van Jehovah wat Bybelwaarheid in Brasilië versprei. Hoe het die predikingswerk in Suid-Amerika begin?