DIE WAGTORING – STUDIE-UITGAWE Augustus 2014

Hierdie nommer bevat die studieartikels vir 29 September tot 26 Oktober 2014.

Ontvang jy “voedsel op die regte tyd”?

Moet ’n mens toegang hê tot al die materiaal wat die getroue slaaf voorsien om geestelik sterk te bly?

Wat is die rol van vroue in Jehovah se voorneme?

Vind uit wat die opstand teen God vir mans en vroue beteken het. Kyk na die ondervindinge van party getroue vroue in die verlede. Vind ook uit hoe Christenvroue vandag bydra tot God se werk.

Gebruik die Woord van God—Dit is lewend!

Jehovah se Getuies wil almal doeltreffend in die bediening wees. Kyk na ’n paar praktiese voorstelle oor hoe om die kragtige Woord van God saam met ons traktate te gebruik om ’n gesprek met mense te hê.

Hoe Jehovah nader aan ons kom

Ons moet ’n hegte verhouding met Jehovah hê. Leer hoe die losprys en die Bybel bewys dat Jehovah ons na hom toe trek.

Hoor Jehovah se stem waar jy ook al is

Vind uit hoe belangrik dit is om na Jehovah se stem te luister en met hom te kommunikeer. Hierdie artikel sal ons help om te sien hoe ons kan vermy dat Satan en ons eie sondige neigings ons daarvan aflei om na Jehovah te luister.

‘Keer terug en versterk jou broers’

Kan ’n broer weer “na ’n opsienersamp streef” as hy voorheen as ’n ouer man gedien het en hierdie voorreg verloor het?

Vrae van lesers

Het Jesus van die aardse opstanding gepraat toe hy gesê het dat verresenes ‘nie trou nie en ook nie in die huwelik gegee word nie’?

UIT ONS ARGIEF

Die “Eurekadrama” het baie gehelp om Bybelwaarheid te vind

Hierdie verkorte weergawe van die “Fotodrama van die Skepping” kon in afgesonderde gebiede vertoon word, selfs sonder elektrisiteit.