DIE WAGTORING – STUDIE-UITGAWE September 2014

Hierdie nommer bevat die studieartikels vir 27 Oktober tot 30 November 2014.

Streef jy na ’n opsienersamp?

Wat is die gepaste manier om dit te doen?

Is jy oortuig dat jy die waarheid het? Waarom?

Hierdie artikel sal van die redes bespreek waarom baie mense erken dat Jehovah se Getuies die waarheid het. Ons sal ook kyk waarom die Getuies oortuig is dat hulle die waarheid het.

Dien God lojaal ten spyte van “baie verdrukkinge”

Almal verduur verdrukkinge omdat ons in Satan se wêreld lewe. Wat is van die metodes wat Satan gebruik om ons aan te val? Hoe kan ons daarvoor voorberei?

Ouers—Tree op as herders vir julle kinders

Ouers het die verantwoordelikheid om hulle kinders “in die dissipline en verstandsregulering van Jehovah op te voed” (Efesiërs 6:4). Hierdie artikel bespreek drie maniere waarop ouers as herders vir hulle kinders kan optree en hulle kan leer om Jehovah lief te hê.

Vrae van lesers

Beteken die Bybel se woorde in Psalm 37:25 en Matteus 6:33 dat Jehovah nooit sal toelaat dat ’n Christen honger ly nie?

Die laaste vyand, die dood, word tot niet gemaak

Die dood en alles wat daartoe lei, het verskriklike lyding tot gevolg. Waarom sterf mense? Hoe sal ‘die laaste vyand, die dood, tot niet gemaak word’? (1 Korintiërs 15:26). Kyk hoe die antwoorde die aandag vestig op Jehovah se geregtigheid, wysheid en sy liefde.

Dink aan diegene in die voltydse diens

Baie aanbidders van Jehovah werk hard in die voltydse diens. Hoe kan ons aan hulle “getroue werk” en “liefdevolle arbeid” dink?—1 Tessalonisense 1:3.