Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Onthou jy?

Onthou jy?

Het jy die onlangse nommers van Die Wagtoring noukeurig gelees? Wel, kyk of jy die volgende vrae kan beantwoord:

Is verassing vir Christene aanvaarbaar?

Verassing is ’n persoonlike besluit. Hoewel die Bybel hierdie gebruik nie spesifiek bespreek nie, is dit opmerkenswaardig dat die lyke van koning Saul en sy seun Jonatan verbrand en toe begrawe is (1 Sam. 31:2, 8-13)​.—6/15, bladsy 7.

Hoe kan ons seker wees dat God nie veroorsaak dat slegte dinge gebeur nie?

God is regverdig in al sy weë. Hy is ’n God van geregtigheid en getrouheid. Jehovah is ook teer in geneentheid en is barmhartig (Deut. 32:4; Ps. 145:17; Jak. 5:11).—7/1, bladsy 4.

Voor watter uitdagings kan ’n mens te staan kom wanneer jy na ’n vreemde land trek om te dien waar hulp nodig is?

Drie uitdagings is (1) dat jy moet aanpas by ’n nuwe lewenswyse, (2) dat jy huis toe verlang en (3) dat jy moet inpas by die plaaslike broers. Baie wat hierdie uitdagings die hoof gebied het, is ryklik geseën.​—7/15, bladsye 4-5.

Waarom het Josef se broers teen hom gedraai?

Om maar een ding te noem, Jakob het spesiale guns aan Josef verleen deur vir hom ’n spesiale kleed te gee. Josef se broers het jaloers geword en hom as ’n slaaf verkoop.​—8/1, bladsye 11-13.

Waarom is die nuwe traktate so doeltreffend en maklik om te gebruik?

Al die nuwe traktate het dieselfde formaat. Elke traktaat spoor ons aan om ’n Bybelteks te lees en ’n vraag aan die huisbewoner te stel. Ons kan, ongeag watter antwoord hy gee, na die binneblad gaan en vir hom wys wat die Bybel sê. Ons kan ook sy aandag vestig op ’n vraag wat ons tydens ’n herbesoek kan bespreek.​—8/15, bladsye 13-14.

Wat is die Siriese Pesjitta?

Siries, ’n Aramese dialek, is in die tweede of derde eeu HJ algemeen gebruik. Siries was blykbaar die eerste taal waarin dele van die Christelike Griekse Geskrifte vertaal is. Die Bybel in Siries is die Pesjitta genoem.​9/1, bladsye 13-14.

Wat kan Christenouers doen om as herders vir hulle kinders op te tree?

Dit is noodsaaklik dat jy na jou kinders luister sodat jy hulle kan leer ken. Doen jou bes om hulle geestelik te voed. Voorsien hulle byvoorbeeld van liefdevolle leiding wanneer hulle twyfelgedagtes oor geestelike sake het.​—9/15, bladsye 18-21.

Watter dinge sal onder God se Koninkryk nie meer daar wees nie?

Gesondheidsprobleme, die dood, werkloosheid, oorlog, voedseltekorte en armoede sal nie meer daar wees nie.​—10/1, bladsye 6-7.

Watter verbond in die Bybel maak dit vir ander moontlik om saam met Christus te regeer?

Ná die laaste Pasgamaal met die apostels het Jesus ’n verbond met sy getroue dissipels gesluit wat die Koninkryksverbond genoem kan word (Luk. 22:28-30). Dit het hulle verseker dat hulle saam met Jesus in die hemel sal regeer.​—10/15, bladsye 16-17.

Noem twee Bybelvoorbeelde wat bewys dat Satan ’n werklike persoon is.

Die Skrif sê dat Satan met Jesus gepraat het om hom in die versoeking te probeer bring. En in Job se dag het Satan met God gepraat. Hierdie verslae bewys dat Satan ’n werklike persoon is.​—11/1, bladsye 4-5.

Wie was die “volk vir sy naam” van wie Jakobus gepraat het, soos opgeteken is in Handelinge 15:14?

Dit was die Joodse en nie-Joodse gelowiges wat deur God gekies is om ’n uitverkore ras te wees wat “die voortreflikhede alom bekend sou maak” van die Een wat hulle geroep het (1 Pet. 2:9, 10).​—11/15, bladsye 24-25.

Waar was Timgad, en watter gesindheid het party daar gehad?

Timgad was ’n groot Romeinse stad in Noord-Afrika (hedendaagse Algerië). ’n Inskripsie wat opgegrawe is, toon wat party daar geglo het: “Jag, bad, speel, lag—dis die lewe!” ’n Soortgelyke beskouing word in 1 Korintiërs 15:32 gemeld.​—12/1, bladsye 8-10.