Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Kan ’n afgekapte boom weer uitspruit?

Kan ’n afgekapte boom weer uitspruit?

IN VERGELYKING met ’n pragtige sederboom van die Libanon lyk ’n krom en verwronge olyfboom dalk nie besonder indrukwekkend nie. Maar olyfbome het die verstommende vermoë om in moeilike omstandighede te oorleef. Party is omtrent 1 000 jaar oud. Die olyfboom se wortels groei tot diep in die grond, en die boom kan herstel selfs as die stam vernietig is. Solank die wortels bly lewe, sal die boom weer groei.

Die getroue man Job het die vertroue gehad dat hy weer sal lewe, al sterf hy (Job 14:13-15). Hy het ’n boom, moontlik ’n olyfboom, as ’n voorbeeld gebruik om sy vertroue te toon in God se vermoë om hom op te wek. Job het gesê: “Selfs vir ’n boom is daar hoop. As hy afgekap word, sal hy weer uitspruit.” Wanneer dit ná ’n droogte weer reën, kan die droë stomp van ’n olyfboom weer begin groei en “’n tak voortbring soos ’n nuwe plant”.—Job 14:7-9.

Net soos ’n plaasboer gretig is om ’n olyfboom wat afgekap is, weer te sien groei, is Jehovah God gretig om sy knegte en talle ander op te wek (Matteus 22:31, 32; Johannes 5:28, 29; Handelinge 24:15). Dink aan die vreugde wat ons sal ondervind wanneer ons die dooies terugverwelkom en hulle weer lewend sien!