Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“Hou sulke manne in eer”

“Hou sulke manne in eer”

DIE Bestuursliggaam het sedert 1992 ervare, volwasse ouer manne aangestel om die komitees van die Bestuursliggaam met hulle werk te help. * (Sien voetnoot.) Hierdie helpers, wat lede van die “ander skape” is, bied waardevolle ondersteuning aan die Bestuursliggaam (Johannes 10:16). Hulle woon die weeklikse vergadering by van die komitee aan wie hulle hulp verleen. Hulle moet inligting voorsien wat die komitee nodig het en voorstelle maak. Die lede van die Bestuursliggaam neem die finale besluite, en dan sien die helpers toe dat die besluite deurgevoer word. Hierdie broers is gewillig om enige toewysing uit te voer wat hulle ontvang. Hulle reis saam met lede van die Bestuursliggaam na spesiale en internasionale byeenkomste. Hulle word soms ook gestuur om takkantore te besoek as hoofkwartierverteenwoordigers.

’n Broer wat al sedert 1992 as ’n helper dien, sê: “As ek my toewysings uitvoer, kan die Bestuursliggaam meer aandag gee aan geestelike sake.” ’n Ander broer wat al 20 jaar as ’n helper dien, sê: “Hierdie voorreg is baie groter as wat ek my ooit sou kon indink.”

Die Bestuursliggaam het baie verantwoordelikhede aan hulle helpers gegee en waardeer die harde werk van hierdie lojale broers. Laat ons almal “sulke manne in eer [hou]”.—Filippense 2:29.

^ par. 2 Sien bladsy 131 van die boek God se Koninkryk regeer! vir meer inligting oor die verantwoordelikhede van die ses komitees van die Bestuursliggaam.