Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VOORBLADONDERWERP | WAAROM EERLIK WEES?

Hoe oneerlikheid jou raak

Hoe oneerlikheid jou raak

“Daar is altyd moeilike situasies wat met ’n bietjie oneerlikheid opgelos kan word.”—Samantha, Suid-Afrika.

Stem jy met hierdie woorde saam? Soos Samantha, was ons almal al die een of ander tyd in ’n moeilike situasie. Hoe ons reageer wanneer ons in die versoeking kom om oneerlik te wees, kan toon watter waardes vir ons belangrik is. Byvoorbeeld, as ander se opinie van ons vir ons die belangrikste is, sal ons oneerlikheid heel moontlik as noodsaaklik beskou. Maar wanneer die waarheid uitkom, het oneerlikheid dikwels slegte gevolge. Kyk na die volgende.

ONEERLIKHEID VERNIETIG VERTROUE

Verhoudings word op vertroue gebou. Wanneer twee mense mekaar vertrou, voel hulle veilig in hulle verhouding. Maar vertroue ontwikkel nie oornag nie. Mense se vertroue in mekaar word opgebou wanneer hulle tyd saam deurbring, openlik kommunikeer en onselfsugtig optree. Maar net een daad van oneerlikheid kan vertroue verpletter. En wanneer vertroue afgebreek is, kan dit baie moeilik wees om dit weer op te bou.

Is jy al ooit bedrieg deur iemand wat jy gedink het ’n goeie vriend is? Hoe het jy gevoel? Jy het heel moontlik seergemaak gevoel, of dalk selfs dat hy jou verraai het. Dit is beslis verstaanbaar. Daar bestaan geen twyfel nie: Oneerlikheid kan kosbare verhoudings vernietig.

ONEERLIKHEID IS AANSTEEKLIK

Volgens ’n studie deur Robert Innes, ’n professor van Ekonomie aan die Universiteit van Kalifornië, “is oneerlikheid beslis aansteeklik”. Oneerlikheid kan dus vergelyk word met ’n virus—hoe meer kontak jy met ’n oneerlike persoon het, hoe groter is die gevaar dat jy ook met oneerlikheid “besmet” sal word.

Hoe kan jy verseker dat jy nie in die strik van oneerlikheid trap nie? Die Bybel kan jou help. Kyk asseblief na ’n paar Bybelbeginsels.