Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

HOE OM DIE SIKLUS VAN HAAT TE BREEK

3 | Kry haat uit jou gedagtes uit

3 | Kry haat uit jou gedagtes uit

Wat die Bybel sê:

“Verander julle denkwyse sodat julle aan julleself kan bewys wat die goeie en aanvaarbare en volmaakte wil van God is.”  ROMEINE 12:2.

Wat dit beteken:

Die dinge waaraan ons dink, is belangrik vir God (Jeremia 17:10). Ons moet meer doen as om dit net te vermy om dinge uit haat te doen of sê. Die siklus van haat begin in ons verstand en hart. Daarom moet ons dadelik ophou om aan dinge te dink wat kan veroorsaak dat ons gevoelens van haat kry. Slegs dan kan ons werklik “verander” en die siklus van haat breek.

Wat jy kan doen:

Ondersoek eerlik hoe jy oor ander dink en voel – veral as dit kom by mense van ’n ander ras of nasionaliteit. Vra jouself: ‘Hoe beskou ek hulle? Is my beskouing gebaseer op wat ek persoonlik oor hulle weet? Of is dit gebaseer op gevoelens van diskriminasie?’ Vermy sosiale media, flieks of vermaak wat haat en geweld bevorder.

God se Woord kan ons help om haat in ons hart en verstand te oorkom

Dit is nie altyd maklik om eerlik te wees wanneer jy jou eie gedagtes en gevoelens ondersoek nie. Maar God se Woord kan ons help om “gedagtes en bedoelings van die hart [te] onderskei” (Hebreërs 4:12, voetnoot). So hou aan om die Bybel te lees. Vergelyk wat die Bybel sê met jou eie gedagtes, en probeer hard om jouself te leer om op ’n manier te dink wat God se hart bly maak. God se Woord kan ons help om haat wat soos “sterk vestings” in ons verstand en hart is, te oorkom. – 2 Korintiërs 10:4, 5.