Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

HOE OM DIE SIKLUS VAN HAAT TE BREEK

2 | Moenie wraak neem nie

2 | Moenie wraak neem nie

Wat die Bybel sê:

“Moenie slegte dinge aan mense doen wanneer hulle slegte dinge aan julle doen nie. . . . Doen julle bes, sover dit van julle afhang, om in vrede met alle mense te lewe. Moenie self wraak neem nie, . . . want daar staan geskryf: ‘“Die wraak is myne. Ek sal terugbetaal,” sê Jehovah.’”  ROMEINE 12:17-19.

Wat dit beteken:

Hoewel dit natuurlik is om kwaad te word wanneer iemand ons seermaak, wil God nie hê dat ons wraak moet neem nie. Hy wil eerder hê dat ons geduldig moet wees omdat hy belowe dat hy binnekort alle ongeregtigheid sal regstel. – Psalm 37:7, 10.

Wat jy kan doen:

Wanneer onvolmaakte mense wraak neem, veroorsaak dit meer haat. So as iemand jou aanstoot gegee het of seergemaak het, moenie terugbaklei nie. Probeer om jou gevoelens te beheer en reageer op ’n kalm manier. In party gevalle kies jy dalk om die saak daar te laat (Spreuke 19:11). Ander tye is dit dalk beter om die probleem aan te spreek. Byvoorbeeld, in gevalle waar jy die slagoffer van ’n misdaad is, kies jy dalk om die misdaad by die polisie of ander owerhede te rapporteer.

’n Siklus van haat bereik niks nie

Wat as dit lyk asof daar nie ’n vreedsame manier is om die probleem op te los nie? Of wat as jy alreeds alles gedoen het wat jy kan om die probleem op ’n vreedsame manier op te los? Moenie wraak neem nie. Dit sal die situasie heel moontlik erger maak. Breek eerder die siklus van haat. Jy kan leer om op God te vertrou om die probleem op te los. “Vertrou op hom, en hy sal vir jou optree.” – Psalm 37:3-5.