Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Inleiding

Inleiding

Regoor die wêreld sukkel miljoene mense met verstandelike gesondheidsprobleme. Jonk en oud uit alle ekonomiese en opvoedkundige agtergronde, verskillende etniese groepe en godsdienstige agtergronde verduur verskriklike simptome. Wat is verstandelike gesondheidsprobleme, en hoe affekteer dit mense? Hierdie tydskrif sal bespreek hoe belangrik dit is om die regte mediese behandeling te kry, sowel as hoe die Bybel mense wat hieraan ly op verskillende praktiese maniere kan help.