Profesieë wat waar geword het
Ons het vroeër verwys na die legende van Kroisos. Hy is deur die orakel van Delfi mislei en toe deur die koning van Persië oorwin. Maar die Bybel bevat ’n betekenisvolle profesie waarby die koning van Persië betrokke is en wat tot in die fynste besonderheid vervul is.
Omtrent 200 jaar voor die tyd, lank voordat Kores gebore is, het die Hebreeuse profeet Jesaja hierdie koning by naam genoem en beskryf hoe hy die magtige stad Babilon sou inneem.
Jesaja 44:24, 27, 28: “Só het Jehovah gesê, . . . wat vir die waterdiepte sê: ‘Verdamp; en al jou riviere sal ek laat opdroog’; wat van Kores sê: ‘Hy is my herder, en alles wat my behaag, sal hy ten volle uitvoer’; selfs wat ek van Jerusalem sê: ‘Dit sal herbou word’, en van die tempel: ‘Jou fondament sal gelê word.’”
Volgens die Griekse geskiedkundige Herodotus het Kores se leërmag die water van die Eufraatrivier, wat deur die stad Babilon gevloei het, weggelei. Kores en sy soldate kon toe deur die rivierbedding loop en by die stad inkom. Nadat Kores die stad ingeneem het, het hy die Jode bevry wat in Babilon gevange gehou is. Hy het hulle toegelaat om terug te keer na Jerusalem en die stad te herbou nadat dit 70 jaar tevore vernietig is.
Jesaja 45:1: “Só het Jehovah vir sy gesalfde, vir Kores, gesê, wie se regterhand ek gevat het om nasies voor hom te onderwerp, sodat ek selfs die heupe van konings kan ontgord; om voor hom die tweevleueldeure oop te maak, sodat die poorte nie gesluit sal wees nie.”
Omdat die groot dubbeldeure van die stad oopgelos was, kon die Persiese soldate maklik by die stad inkom. As die Babiloniërs bewus was van Kores se plan, kon hulle al die deure wat langs die rivier was, toegemaak het. Maar soos ons weet, was die stad sonder beskerming.
Hierdie interessante profesie is maar net een van baie profesieë in die Bybel wat in alle opsigte waar geword het. a Bybelprofesieë is anders as voorspellings wat deur mense gemaak word en waarvoor hulle valse gode dikwels die eer kry. Dit kom eerder van die Een wat sê dat hy “van die begin af die uiteinde verkondig, en van ouds af die dinge wat nog nie gedoen is nie”. — Jesaja 46:10.
Jehovah is, kan dit van homself sê. Volgens baie geleerdes beteken hierdie naam “Hy laat word”. Dit verwys na die feit dat hy weet wat in die toekoms gaan gebeur en hierdie gebeure kan aanpas sodat dit met sy wil ooreenstem. Dit verseker ons dat alles wat hy belowe het, beslis sal gebeur.
Net die ware God, wie se naamPROFESIEË WAT VANDAG VERVUL WORD
Sal jy graag wil weet wat Bybelprofesieë sê van die tyd waarin ons lewe? Omtrent 2 000 jaar gelede het die Bybel voorspel dat daar “in die laaste dae kritieke tye sal wees wat moeilik is om deur te kom”. Die laaste dae waarvan? Nie van die aarde of die mens nie, maar van die probleme wat mense al duisende jare lank ondervind soos vyandigheid, onderdrukking en swaarkry. Kom ons kyk na ’n paar profesieë wat wys dat ons in “die laaste dae” lewe.
2 Timoteus 3:1-5: “In die laaste dae [sal] mense . . . liefhebbers van hulleself wees, liefhebbers van geld, aanmatigend, hoogmoedig, lasteraars, ongehoorsaam aan ouers, ondankbaar, dislojaal, sonder natuurlike geneentheid, nie bereid tot enige ooreenkoms nie, kwaadsprekers, sonder selfbeheersing, wreedaardig, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, eiesinnig, opgeblase van trots, liefhebbers van genot eerder as liefhebbers van God, wat ’n vorm van godvrugtige toegewydheid het maar die krag daarvan verloën.”
Stem jy saam dat al hoe meer mense vandag so optree? Het jy agtergekom dat mense afgode van hulleself maak, trots is en lief is vir geld? Het jy opgelet dat mense al hoe meer van mekaar verwag en nie bereid is om met ander saam te stem nie? Jy het seker al gesien dat baie kinders ongehoorsaam is aan hulle ouers en dat mense oor die algemeen liewer vir plesier is as vir God. En dinge word elke dag net erger.
Matteus 24:6, 7: “Julle sal van oorloë en berigte van oorloë hoor; . . . nasie sal teen nasie opstaan en koninkryk teen koninkryk.”
Party skat dat daar sedert 1914 meer as 100 miljoen mense dood is as gevolg van oorlog en gewapende gevegte. Dit is meer as die bevolking van baie lande. Dink net hoeveel trane gestort is, hoeveel hartseer veroorsaak is en hoeveel mense swaargekry het as gevolg hiervan. Het die nasies uit hulle foute geleer en ’n einde aan oorlog gemaak?
Matteus 24:7: “Daar sal voedseltekorte [wees].”
Die Wêreldvoedselprogram het gesê: “Daar is genoeg kos in die wêreld om almal te voed. Maar 815 miljoen mense, dit wil sê een uit elke nege, gaan slaap nog steeds elke aand met ’n leë maag. En nog erger, een uit elke drie mense ly aan die een of ander vorm van ondervoeding.” Daar word geskat dat sowat driemiljoen kinders elke jaar as gevolg van honger sterf.
Lukas 21:11: “Daar sal groot aardbewings wees.”
Elke jaar is daar omtrent 50 000 aardbewings wat groot genoeg is om deur mense gevoel te word. Ongeveer 100 hiervan veroorsaak groot skade aan geboue, en amper elke jaar is daar een baie groot aardbewing. Daar word geskat dat 471 000 mense tussen 1975 en 2000 in aardbewings gesterf het.
Matteus 24:14: “Hierdie goeie nuus van die koninkryk sal in die hele bewoonde aarde verkondig word as ’n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.”
Meer as agtmiljoen Getuies van Jehovah preek en getuig van die goeie nuus van God se Koninkryk in sowat 240 lande regoor die aarde. Hulle verkondig die goeie nuus in groot stede en in verafgeleë dorpies, in woude en op berge. Die profesie voorspel dat ‘die einde sal kom’ wanneer God besluit dat die werk klaar is en hy daarmee tevrede is. Wat sal dit beteken? Dit sal die einde van menseregerings beteken en dan sal God se Koninkryk begin regeer. Watter beloftes sal onder God se Koninkryk waar word? Lees verder om uit te vind.
a Sien die artikel “’n Stille bewys van akkurate profesie”.