Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Ons het ’n beter wêreld nodig!

Ons het ’n beter wêreld nodig!

“Ons lewe in ’n wêreld vol probleme”, het António Guterres, die sekretaris- generaal van die Verenigde Nasies, gesê. Stem jy nie saam nie?

Die nuus is vol ontstellende berigte

  • Siekte en pandemies

  • Natuurrampe

  • Armoede en mense wat honger ly

  • Besoedeling en aardverwarming

  • Misdaad, geweld en korrupsie

  • Oorloë

Dit is duidelik dat ons ’n beter wêreld nodig het. ’n Wêreld met

  • Volmaakte gesondheid

  • Veiligheid vir almal

  • Oorgenoeg kos

  • ’n Gesonde omgewing

  • Geregtigheid vir almal

  • Wêreldwye vrede

Maar wat beteken dit wanneer ons van ’n beter wêreld praat?

Wat sal met die wêreld gebeur waarin ons nou lewe?

Wat kan ons doen om in ’n beter wêreld te lewe?

Hierdie uitgawe van Die Wagtoring sal die Bybel se vertroostende antwoorde op hierdie en ander vrae verduidelik.