Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Watter hoop is daar vir die dooies?

Watter hoop is daar vir die dooies?

Die dood raak ons almal. Maar is die dood die einde van alles? Het God van die dooies vergeet? Is daar enige hoop vir die dooies?

WAT DIE BYBEL SÊ:

GOD HET NIE VAN DIE DOOIES VERGEET NIE

“Almal wat in die gedenkgrafte is, . . . sal uitkom.” – Johannes 5:28, 29.

Al die dooies wat in God se geheue is, sal weer lewend gemaak word.

DAAR SAL ’N OPSTANDING OP DIE AARDE WEES

‘Daar sal ’n opstanding van die regverdiges sowel as die onregverdiges wees.’ – Handelinge 24:15.

Miljarde mense sal uit die dood opgewek word met die hoop om vir ewig te lewe in ’n wêreld waar daar vrede is.

DIE OPSTANDING SAL PLAASVIND

“[God] bepaal die getal van die sterre; Hy noem hulle almal by hulle name.” – Psalm 147:4.

As God selfs al die sterre by hulle name ken, kan ons seker wees dat hy die mense kan onthou wat hy weer lewend gaan maak.