Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jy kan jou toekoms kies

Jy kan jou toekoms kies

Omtrent 3 500 jaar gelede het Jehovah God vir sy aanbidders gesê wat hulle moet doen om ’n beter toekoms te hê: “Ek [het] jou tussen die lewe en die dood laat kies, tussen die seën en die vloek. En jy moet die lewe kies sodat jy kan lewe, jy en jou nageslag.” – Deuteronomium 30:19.

Om ’n wonderlike toekoms te hê, moes daardie mense die regte keuse maak. Vandag het ons dieselfde keuse. Die Bybel verduidelik hoe om ’n beter toekoms te kies: “Deur Jehovah jou God lief te hê, deur na sy stem te luister.” – Deuteronomium 30:20.

HOE KAN ONS JEHOVAH LIEFHÊ EN NA SY STEM LUISTER?

LEER UIT DIE BYBEL: Om Jehovah lief te hê, moet jy eers oor hom uit die Bybel leer. Hoe meer jy oor hom leer, hoe meer sal jy uitvind dat hy ’n liefdevolle God is wat net die beste vir jou wil hê. Hy nooi jou om tot hom te bid, “want hy gee om vir [jou]” (1 Petrus 5:7). Die Bybel belowe dat as jy die moeite doen om nader aan hom te kom, ‘hy nader aan jou sal kom’. – Jakobus 4:8.

PAS TOE WAT JY LEER: Om na God te luister, beteken dat jy sy wyse raad in die Bybel moet volg. “Dan sal jy suksesvol wees, en dan sal jy wys optree.” – Josua 1:8.

^ par. 7 Op die oomblik beskikbaar in sewe tale, insluitende Chinees Mandaryns en Chinees Kantonnees.