Wat sê die Bybel?
Wat is Armageddon?
Party mense glo . . .
dat dit ’n wêreldwye vernietiging deur kernwapens of ’n algehele vernietiging van die omgewing sal wees. Wat dink jy?
Wat die Bybel sê
Armageddon is die simboliese plek van “die oorlog van die groot dag van God die Almagtige”, sy oorlog teen die goddeloses.—Openbaring 16:14, 16.
Wat kan ons nog uit die Bybel leer?
God voer nie die oorlog van Armageddon om die aarde te vernietig nie, maar om te keer dat die mens dit vernietig.—Openbaring 11:18.
Die oorlog van Armageddon sal ’n einde maak aan alle oorloë.—Psalm 46:8, 9.
Is dit moontlik om die oorlog van Armageddon te oorleef?
Wat sou jy sê?
Ja
Nee
Miskien
Wat die Bybel sê
“’n Groot menigte” mense uit alle nasies sal “die groot verdrukking” oorleef, wat sal eindig met die oorlog van Armageddon.—Openbaring 7:9, 14.
Wat kan ons nog uit die Bybel leer?
God wil hê dat soveel mense as moontlik Armageddon moet oorleef. Hy vernietig die goddeloses net omdat hy geen ander keuse het nie.—Esegiël 18:32.
Die Bybel verduidelik hoe ons Armageddon kan oorleef.—Sefanja 2:3.