Het jy Jehovah se beskouing van geregtigheid?
“Want ek sal die naam van Jehovah bekend maak . . . ’n God van getrouheid, by wie daar geen onreg is nie.”—DEUT. 32:3, 4.
LIEDERE: 110, 2
1, 2. (a) Hoe is Nabot en sy seuns onregverdig behandel? (b) Watter twee eienskappe sal ons in hierdie artikel bespreek?
STEL jou die volgende toneel voor. Twee slegte mans beskuldig ’n man valslik van ’n baie ernstige oortreding. Sy vriende en familie is geskok om te hoor dat hy skuldig bevind is en doodgemaak gaan word. Almal wat geregtigheid liefgehad het, was baie gegrief toe die onskuldige man en sy seuns gestenig is. Dit is presies wat met Jehovah se getroue kneg Nabot gebeur het. Hy het gedurende die heerskappy van koning Agab van Israel gelewe.—1 Kon. 21:11-13; 2 Kon. 9:26.
2 In hierdie artikel sal ons bespreek wat met Nabot gebeur het. Ons sal ook kyk na die ondervinding van ’n getroue ouer man in die eerste eeuse Christengemeente wat ’n oordeelsfout gemaak het. Hierdie voorbeelde toon dat ons nederig moet wees en bereid moet wees om ander te vergewe as ons Jehovah se beskouing van geregtigheid wil hê.
’N GROOT ONREG
3, 4. Watter soort man was Nabot, en waarom wou hy nie sy wingerd aan koning Agab verkoop nie?
3 Nabot was getrou aan Jehovah toe die meeste Israeliete die slegte voorbeeld van koning Agab en die goddelose koningin Isebel gevolg het. Daardie Baälaanbidders het geen respek vir Jehovah of sy wette gehad nie. Maar Nabot se vriendskap met Jehovah was vir hom belangriker as sy eie lewe.
4 Lees 1 Konings 21:1-3. Toe Agab Nabot se wingerd wou koop of dit vir ’n beter een wou ruil, het Nabot nie sy aanbod aanvaar nie. Waarom nie? Hy het eerbiedig gesê: “Dit is vir my ondenkbaar, vanuit Jehovah se standpunt, om die erfbesitting van my voorvaders aan u te gee.” Nabot het geweier, want Jehovah se wet aan Israel het hulle nie toegelaat om hulle erfdeel permanent te verkoop nie (Lev. 25:23; Num. 36:7). Nabot wou gehoorsaam aan Jehovah wees.
5. Wat het Isebel gedoen om Nabot se wingerd in die hande te kry?
5 Toe Nabot geweier het, het Agab en sy vrou verskriklike dinge gedoen. Isebel het twee mans sover gekry om Nabot valslik te beskuldig wat daartoe gelei het dat Nabot en sy seuns doodgemaak is. Wat sou Jehovah oor hierdie ongeregtigheid doen?
GOD SE REGVERDIGE OORDEEL
6, 7. Hoe het Jehovah gewys dat hy geregtigheid liefhet, en hoe het dit Nabot se familie en vriende vertroos?
6 Jehovah het Elia dadelik gestuur om Agab aan te spreek. Elia het Agab as ’n moordenaar en ’n dief veroordeel. Wat het Jehovah gesê? Agab, sy vrou en sy seuns sou doodgemaak word, net soos Nabot en sy seuns.—1 Kon. 21:17-25.
7 Nabot se familie en vriende was baie hartseer oor die verskriklike dinge wat Agab gedoen het. Maar Jehovah het die ongeregtigheid gesien en het dadelik opgetree. Dit het Nabot se familie en vriende ongetwyfeld vertroos. Toe het iets gebeur wat hulle nie verwag het nie. Hulle nederigheid en vertroue in Jehovah sou getoets word.
8. Wat was Agab se reaksie toe hy Jehovah se oordeel hoor, en wat het toe gebeur?
8 Toe Agab hoor dat Jehovah hom veroordeel het, “het hy sy klere geskeur en saklinne om sy vlees gesit; en hy het begin vas en die hele tyd in saklinne gaan lê en bedruk rondgeloop”. Agab het homself verneder! Wat het toe gebeur? Jehovah het vir Elia gesê: “Omdat hy hom weens my verneder het, sal ek die rampspoed nie in sy dae bring nie. In die dae van sy seun sal ek die rampspoed oor sy huis bring” (1 Kon. 21:27-29; 2 Kon. 10:10, 11, 17). Jehovah, “die ondersoeker van harte”, het sy oordeel tydelik uitgestel.—Spr. 17:3.
NEDERIGHEID IS ’N BESKERMING
9. Waarom sou nederigheid Nabot se familie en vriende beskerm het?
9 Hoe het hierdie besluit almal geraak wat van Agab se groot sonde geweet het? Dit sou Nabot se familie en vriende se geloof dalk op die proef stel. As dit die geval was, sou nederigheid hulle beskerm. Hulle sou aanhou om Jehovah Deuteronomium 32:3, 4.) Nabot, sy seuns en hulle gesinne sal volmaakte geregtigheid ervaar wanneer Jehovah die regverdiges uit die dood opwek (Job 14:14, 15; Joh. 5:28, 29). As ons nederig is, sal ons ook in gedagte hou dat “die ware God . . . elke soort werk [sal] oordeel met betrekking tot alles wat verborge is, of dit goed of sleg is” (Pred. 12:14). Wanneer Jehovah ’n oordeel uitspreek, neem hy ook dinge in ag waarvan ons nie weet nie. As ons nederig is, sal dit ons geloof beskerm.
getrou te dien, met die volle vertroue dat hulle God nie onregverdig kan wees nie. (Lees10, 11. (a) Hoe kan ons beskouing van wat reg en verkeerd is dalk getoets word? (b) Hoe sal nederigheid ons beskerm?
10 Wat sal jy doen as jy nie ’n besluit van die ouer manne verstaan of daarmee saamstem nie? Byvoorbeeld, hoe sal jy voel as jy of iemand wat jy goed ken ’n voorreg in Jehovah se diens verloor? Sê nou jou huweliksmaat, jou seun, jou dogter of ’n goeie vriend word uit die gemeente gesit en jy stem nie saam met die besluit nie? Of sê nou jy dink dalk dat die ouer manne veels te genadig was met ’n oortreder? Dit kan ons geloof in Jehovah en ons vertroue
in die reëlings van die gemeente toets. Hoe sal nederigheid jou beskerm as so iets gebeur? Kom ons kyk na twee maniere.11 Eerstens, nederigheid sal ons help om te besef dat ons nie alles oor die saak weet nie. Dit maak nie saak hoe goed ons die situasie ken nie, net Jehovah kan sien wat in iemand se hart is (1 Sam. 16:7). As ons dit verstaan, sal dit ons help om nederig te bly en om ons perke te ken. Dan kan ons ons beskouing verander. Tweedens, nederigheid sal ons help om onderdanig te wees en geduldig op Jehovah te wag om ongeregtighede reg te stel. Die wyse man het gesê: “Dit [sal] goed . . . afloop met dié wat die ware God vrees . . . Maar dit sal glad nie goed afloop met die goddelose nie, en ook sal hy nie sy dae . . . verleng nie” (Pred. 8:12, 13). As ons nederig is, sal almal daarby baat vind.—Lees 1 Petrus 5:5.
SKYNHEILIGHEID IN DIE GEMEENTE
12. Watter Bybelvoorbeeld sal ons nou bespreek, en waarom?
12 Die vroeë Christene in Siriese Antiogië het voor ’n probleem te staan gekom wat hulle nederigheid en hulle gewilligheid om ander te vergewe, beproef het. Kom ons bespreek die verslag en laat ons kyk of ons verstaan wat vergifnis werklik beteken. Dit sal ons help om te sien hoe Jehovah onvolmaakte mense kan gebruik sonder om sy standaarde te verlaag.
13, 14. Watter voorregte het Petrus gehad, en hoe het hy gewys dat hy moedig is?
13 Die apostel Petrus was ’n bekende ouer man in die Christengemeente. Hy het Jesus persoonlik geken en het belangrike toewysings gehad (Matt. 16:19). Petrus het in 36 HJ die voorreg gehad om die goeie nuus aan Kornelius en sy huishouding te vertel. Waarom was dit iets besonders? Want Kornelius was ’n onbesnede nie-Jood. Toe Kornelius en sy huishouding die heilige gees ontvang het, het Petrus gesê: “Kan enigeen water verbied sodat hierdie mense, wat net soos ons die heilige gees ontvang het, nie gedoop word nie?”—Hand. 10:47.
14 In 49 HJ moes die apostels en die ouer manne besluit of heidene wat Christene geword het, besny moes word. By hierdie vergadering het Petrus mooi verduidelik dat onbesnede nie-Jode jare tevore die heilige gees ontvang het. Petrus se ondervinding het die bestuursliggaam baie gehelp om hulle besluit te neem (Hand. 15:6-11, 13, 14, 28, 29). Joodse en nie-Joodse Christene was ongetwyfeld dankbaar dat Petrus die moed gehad het om die bestuursliggaam te vertel wat gebeur het. Die vroeë Christene het baie respek vir hierdie getroue en geestelik volwasse man gehad.—Heb. 13:7.
15. Watter fout het Petrus gemaak toe hy in Siriese Antiogië was? (Sien prent aan begin van artikel.)
15 Kort na daardie vergadering in 49 HJ, het Petrus Siriese Antiogië besoek. Daar het hy baie lekker by die nie-Joodse broers gekuier. Hulle het sekerlik baie by Petrus geleer. Ons kan ons net voorstel hoe teleurgesteld hulle was toe Petrus ewe skielik nie meer saam
met hulle wou eet nie. Ander Jode in die gemeente, en selfs Barnabas, het Petrus se voorbeeld begin volg. Waarom het ’n ryp Christen ouer man so ’n fout gemaak wat die gemeente kon verdeel het? Wat kan ons uit Petrus se fout leer en hoe kan dit ons help as ’n ouer man ons seergemaak het?16. Hoe is Petrus reggehelp, en tot watter vrae lei dit?
16 Lees Galasiërs 2:11-14. Petrus was bang vir wat mense sou dink (Spr. 29:25). Hoewel Petrus goed geweet het wat Jehovah se beskouing van die saak was, was hy bang vir wat die besnede Jode in die gemeente van hom sou dink. Die apostel Paulus het gesê dat Petrus skynheilig is. Waarom? Omdat Paulus in 49 HJ in Jerusalem gehoor het hoe Petrus die nie-Jode verdedig (Hand. 15:12; Gal. 2:13). Hoe sou nie-Joodse Christene wat gesien het wat Petrus doen, hieroor voel? Sou hulle toelaat dat hulle gestruikel word? Sou Petrus se fout veroorsaak dat hy sy voorregte verloor?
VERGEWE MEKAAR
17. Hoe het Jehovah se vergifnis Petrus gehelp?
17 Petrus het nederig Paulus se raad aanvaar en die Bybel sê nêrens dat Petrus sy voorregte verloor het nie. Trouens, hy het later twee briewe geskryf wat nou deel van die Bybel is. Petrus noem Paulus selfs “ons geliefde broer” in sy tweede brief (2 Pet. 3:15). Al het Petrus se fout baie van die nie-Joodse Christene seergemaak, het Jesus, die hoof van die gemeente, nie opgehou om hom te gebruik nie (Ef. 1:22). Lede van die gemeente kon Petrus vergewe, net soos Jesus en sy Vader hom vergewe het. Hopelik het niemand toegelaat dat ’n onvolmaakte mens se fout hulle laat struikel nie.
18. Wanneer moet ons Jehovah se beskouing van geregtigheid navolg?
18 Net soos die Christengemeente in die eerste eeu, is nie een van die ouer manne volmaak nie, “want ons almal struikel dikwels” (Jak. 3:2). Maar wat sal ons doen as ons weens iemand se onvolmaaktheid seergemaak word? Sal ons in so ’n situasie Jehovah se beskouing van geregtigheid hê? Sê nou ’n ouer man sê iets en dit klink vir jou asof hy dink dat hy beter as ander is. Wat sal jy doen? As hy iets sê wat jou seermaak, sal jy toelaat dat dit jou struikel? Dink jy dalk dat hy nie meer ’n ouer man moet wees nie? Of sal jy die saak in die hande van Jesus, die hoof van die gemeente, laat? Sal jy ’n broer se baie jare van getroue diens onthou, eerder as om net sy foute raak te sien? As die broer wat jou seergemaak het nog steeds as ’n ouer man dien, of selfs nog meer voorregte ontvang, sal jy saam met hom bly wees? As jy bereid is om hom te vergewe, sal jy wys dat jy Jehovah se beskouing van geregtigheid het.—Lees Matteus 6:14, 15.
19. Wat moet ons vasbeslote wees om te doen?
19 Ons sien uit na die dag wanneer Jehovah alle ongeregtigheid wat Satan en sy goddelose wêreld veroorsaak het, sal uitwis (Jes. 65:17). Laat ons vasbeslote wees om Jehovah se beskouing van geregtigheid te hê. Ons doen dit deur nederig te erken dat ons nie alles weet nie en deur ander vryelik te vergewe.