DIE WAGTORING – STUDIE-UITGAWE April 2018
Hierdie nommer bevat die studieartikels vir 4 Junie tot 8 Julie 2018.
Die pad na ware vryheid
Party mense wil graag vry wees van onderdrukking, diskriminasie en armoede. Ander dring aan op vryheid van spraak, vryheid van keuse en die reg om te besluit hoe hulle wil lewe. Is ware vryheid moontlik?
Dien Jehovah, die God van vryheid
Hoe het Jehovah se gees ons vrygemaak? Wat kan ons doen sodat ons die vryheid wat God ons gee, nie verkeerd gebruik nie?
Aangestelde manne — Leer by Timoteus
Dit lyk of Timoteus nie genoeg selfvertroue gehad het toe hy saam met die apostel Paulus begin werk het nie. Wat kan ouer manne en bedieningsknegte uit Timoteus se voorbeeld leer?
Volg Jehovah na — ’n God wat ander aanmoedig
Jehovah se knegte het nog altyd aanmoediging nodig gehad.
Moedig mekaar al hoe meer aan
Omdat Jehovah se dag so naby is, is dit vir ons belangrik om in ons broers belang te stel sodat ons hulle kan aanmoedig wanneer dit nodig is.
Jongmense, fokus julle op geestelike doelwitte?
Jongmense kan soms oorweldig voel deur die verskillende opsies in die lewe en die besluite wat hulle moet neem. Hoe kan hulle goeie besluite vir die toekoms neem?
Vrae van lesers
Hoekom mag niemand publikasies van Jehovah se Getuies op ’n persoonlike webwerf of op sosiale media plaas nie?
Vrae van lesers
Hoekom is die bewoording van Psalm 144 verander in die 2013-hersiene uitgawe van die Engelse Nuwe Wêreld-vertaling?