Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Studiewenk

Studiewenk

Vind jy baat by die verduidelikings van Bybelverse in die Navorsingsgids vir Jehovah se Getuies?

Hierdie verduidelikings kan jou help om dieper in God se Woord te soek. Dit sluit dalk details in oor hoe dinge was toe die gebeure plaasgevind het wat in ’n Bybelvers beskryf word, hoekom dit geskryf was, op wie dit van toepassing is of die betekenis van spesifieke woorde of frases.

Die Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK en JW Library® laat jou toe om Navorsingsgids-verwysings direk uit ’n Bybelvers te vind. Jy kan hierdie verwysings in die studievenster vind van enige van die Bybelvertalings wat daar beskikbaar is.

Wanneer jy hierdie verwysings gebruik, kyk na die datum. Die nuutste artikels verskyn bo-aan die lys. Ouer artikels onder aan die lys bevat dalk verduidelikings wat later aangepas is.

  • Teksverwysings in die Navorsingsgids is outomaties beskikbaar in die Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK.

  • Installeer die Navorsingsgids, en laai die nuutste weergawes af wanneer dit beskikbaar is om teksverwysings in JW Library te kry. Dit kan gedoen word deur die knoppie te gebruik bo-aan die studievenster van enige hoofstuk in die Bybel.