Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Nota aan lesers

Nota aan lesers

Liewe Leser

In hierdie nommer van Die Wagtoring is daar vyf studieartikels wat die volgende vrae bespreek wat met mekaar verband hou:

  • Eerstens, watter reëling het Jehovah in plek gestel om sy menseseuns en -dogters te help om teen sonde te veg?

  • Tweedens, hoe het hy ons geleer wat opregte berou is en hoe het hy sondaars gehelp om berou te toon?

  • Derdens, watter instruksies het die gemeente in Korinte gekry oor hoe om ’n opsetlike, onberouvolle sondaar te hanteer?

  • Vierdens, hoe moet Christenouermanne vandag gevalle van ernstige sonde hanteer?

  • Vyfdens, hoe kan die gemeente ’n onberouvolle sondaar wat uit die gemeente verwyder is, nog steeds op ’n liefdevolle en genadige manier behandel?