Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Onthou jy?

Onthou jy?

Het jy die onlangse nommers van Die Wagtoring noukeurig gelees? Kyk of jy die volgende vrae kan beantwoord:

Hoekom moet immigranteouers die regte taal kies om hulle kinders geestelik te help?

Die kinders sal heel moontlik die plaaslike taal by die skool leer of in die omgewing waar hulle bly. Dit kan vir ’n kind goed wees om meer as een taal te praat. Ouers moet besluit of hulle kinders geestelike vordering gaan maak by ’n gemeente wat die plaaslike taal praat of wat hulle huistaal praat. Christenouers stel hulle kinders se geestelike belange bo hulle eie.—w17.05, bl. 9-11.

Waarna het Jesus verwys toe hy vir Petrus gevra het: “Het jy my liewer as hulle?” (Joh. 21:15).

Jesus het moontlik na die vis verwys wat naby hulle gelê het en/of Petrus se werk as ’n visserman. Ná Jesus se dood, het Petrus weer as ’n visserman begin werk. Christene moet ’n gebalanseerde beskouing van sekulêre werk hê.—w17.05, bl. 22-23.

Hoekom het Abraham sy vrou gevra om te sê dat sy sy suster is? (Gen. 12:10-13).

Sara was in werklikheid Abraham se halfsuster. As Sara gesê het dat Abraham haar man was, sou hulle hom dalk doodgemaak het. Die beloofde nageslag sou dan nie deur Abraham gekom het nie.—wp17.3, bl. 14-15.

Watter tegniek het Elias Hutter gebruik om mense te help wat Hebreeus wou leer?

Hy wou studente help om die grondwoorde en die voor- en agtervoegsels van Hebreeuse woorde in die Bybel, uit te ken. Vir die grondwoorde het hy vetgedrukte letters gebruik en vir die voor- en agtervoegsels het hy letters gebruik wat net buitelyne het (nie ingekleur nie). In die voetnote van die New World Translation of the Holy Scriptures—With References word dieselfde praktiese metode gebruik.wp17.4, bl. 11-12.

Watter beginsels moet ’n Christen in gedagte hou wanneer hy besluit om ’n vuurwapen te besit om homself teen ander mense te verdedig?

In God se oë is lewe heilig. Jesus het nie sy volgelinge aangespoor om swaarde te dra om hulle te beskerm nie (Luk. 22:36, 38). Ons moet van ons swaarde ploegskare maak. Lewe is waardevoller as materiële dinge. Ons respekteer die gewete van ander en ons wil ’n goeie voorbeeld stel (2 Kor. 4:2).—w17.07, bl. 31-32.

Waarom verskil Matteus en Lukas se verslae oor die eerste paar jaar van Jesus se lewe?

Matteus se verslag fokus meer op Josef. Dit vertel hoe hy gereageer het toe hy hoor dat Maria swanger is, en die boodskap van God dat hy na Egipte moes vlug en later weer terug moes keer. Lukas se verslag fokus meer op Maria. Dit vertel hoe sy na Elisabet toe gegaan het en van haar reaksie toe die seun Jesus by die tempel agtergebly het.—w17.08, bl. 32.

Watter veranderinge en teenstand moes die Bybel oorkom?

Die betekenis van woorde en uitdrukkings in die Bybel het oor die jare verander. Politieke situasies het soms bepaal watter taal deur die mense gepraat is. Die vertaling van die Bybel in tale wat deur die meeste mense gepraat is, is teëgestaan.—w17.09, bl. 19-21.

Het jy ’n beskermengel?

Nee. Jesus het gepraat van sy dissipels se engele wat die aangesig van God aanskou (Matt. 18:10). Hy het bedoel dat engele in sy dissipels belangstel, nie dat elkeen ’n beskermengel het nie.—wp17.5, bl. 5.

Wat is die belangrikste soort liefde?

Die belangrikste soort liefde, a·gaʹpe, is gebaseer op goeie beginsels. Dit kan gevoelens van hartlikheid teenoor ander insluit. Maar dit is liefde wat ons motiveer om goeie dinge vir ander te doen sonder om iets terug te verwag.—w17.10, bl. 7.