Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Onthou jy?

Onthou jy?

Kan jy die volgende vrae beantwoord wat op Die Wagtoring van 2019 gebaseer is?

Wat beteken God se belofte: “Geen wapen wat teen jou gesmee sal word, sal enige sukses hê nie”? (Jes. 54:17).

Ons kan seker wees dat God ons sal beskerm teen sulke vernietigende kragte soos “die geblaas van die tiranne” (Jes. 25:4, 5). Ons vyande sal dit nie regkry om ons enige permanente skade aan te doen nie. – w19.01, bl. 6-7.

Hoe het die manier waarop God die Kanaäniete en die opstandige Israeliete behandel het, gewys dat hy regverdig is?

God het dié geoordeel wat deelgeneem het aan onrein seksuele dade of wat vroue en kinders sleg behandel het. Hy het mense geseën wat gehoorsaam aan hom was en wat ander regverdig behandel het. – w19.02, bl. 22-23.

Wat moet ons doen wanneer ’n ongelowige in ons teenwoordigheid bid?

Ons kan stilbly en respekvol wees, maar ons sal nie “amen” sê of hande vashou met dié wat teenwoordig is nie. Ons kan stilletjies vir onsself bid. – w19.03, bl. 31.

Hoe ernstig is kindermolestering?

Kindermolestering is ’n sonde teen die slagoffer, die gemeente, die sekulêre owerheid en God. Waar daar landswette is wat vereis dat ’n aantyging van kindermolestering aan die owerheid gerapporteer moet word, gehoorsaam ouermanne hierdie wette. – w19.05, bl. 9-10.

Hoe kan jy die krag wat jou verstand aandryf, verander?

Belangrike stappe is: Praat met Jehovah in gebed. Bepeins met die doel om jouself te ondersoek. Kies jou assosiasie wyslik. –w19.06, bl. 11.

Wat kan ons nou doen om voor te berei vir vervolging?

Ons moet ons verhouding met Jehovah versterk. Vertrou dat Jehovah jou liefhet en dat hy jou nooit sal verlaat nie. Lees die Bybel elke dag en bid gereeld. Wees vas oortuig dat die seëninge van God se Koninkryk waar sal word. Memoriseer jou gunstelingtekste en -liedere wat Jehovah loof. – w19.07, bl.2-4.

Wat kan ons doen om ons familielede te help om gered te word?

Dit is belangrik dat ons empatie betoon, ons gedrag die praatwerk laat doen en ons geduldig en taktvol is. – w19.08, bl.15-17.

Hoe word ons verkwik, soos Jesus in Matteus 11:28 belowe het?

Ons het liefdevolle Christenopsieners, die beste vriende en die beste werk. – w19.09, bl. 23.

Hoe kan God ons die begeerte en die krag gee om op te tree? (Fil. 2:13).

Wanneer ons God se Woord lees en daaroor nadink, kan God ons die begeerte gee om sy wil te doen en ons die krag gee om op te tree. Sy heilige gees kan ons vermoëns verbeter. – w19.10, bl. 21.

Watter belangrike dinge moet ons doen voordat ons ’n ernstige besluit maak?

Vyf dinge wat ons moet doen: Doen deeglike navorsing. Bid vir wysheid. Ondersoek die redes vir jou besluit. Wees spesifiek. Wees realisties. – w19.11, bl. 27-29.

Het die idee van die onsterflikheid van die siel in die tuin van Eden ontstaan?

Blykbaar nie. Satan het vir Eva gesê dat sy nie sou sterf nie. Hy het nie vir haar gesê dat net haar liggaam sou sterf en ’n onsigbare deel van haar sou voortleef nie. Geen verkeerde godsdiensidees sou die Vloed oorleef het nie. Die leerstelling van ’n onsterflike siel het waarskynlik ontstaan voordat God die mense verstrooi het wat die toring van Babel gebou het. – w19.12, bl. 15.