Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Onthou jy?

Onthou jy?

Het jy hierdie jaar se nommers van Die Wagtoring goed deurgelees? Kyk of jy die volgende vrae kan beantwoord:

Hoe moet ons gesalfde Christene behandel?

Ons waardeer hulle geloof; maar ons gee hulle nie te veel aandag nie. Ons vermy dit om “persoonlikhede [te] bewonder” (Jud. 16, vtn.). Ons vra hulle nie persoonlike vrae oor hulle hoop nie. – w20.01, bl. 29.

Wat moet jou oortuig dat Jehovah jou persoonlik raaksien?

Die Bybel wys dat hy jou raakgesien het voordat jy gebore was. En hy hoor jou gebede. Hy ken jou gedagtes en weet wat in jou hart is, en wat jy doen, affekteer hom (1 Kron. 28:9; Spr. 27:11). Hy het jou na hom toe getrek. – w20.02, bl. 12.

Wat is voorbeelde van wanneer om te praat en wanneer om nie te praat nie?

Ons praat graag oor Jehovah. Ons sê iets wanneer ons sien dat iemand ’n ernstige fout gaan maak. Ouermanne gee raad wanneer dit nodig is. Ons praat nie oor hoe die predikingswerk gedoen word in lande waar ons werk verbied is nie en ons vra ook nie uit daaroor nie. Ons praat nie oor vertroulike sake nie. – w20.03, bl. 20-21.

Hoe verskil die sprinkane in Joël hoofstuk 2 van die sprinkane in Openbaring hoofstuk 9?

Joël 2:20-29 sê dat God die sprinkane wegdryf en belowe om te vergoed vir hulle skade. Daarna stort God sy gees uit. Hierdie dinge het gebeur toe die Babiloniërs Israel aangeval het en later. In Openbaring 9:1-11 verteenwoordig die sprinkane gesalfdes in ons dag wat moedig God se oordele verkondig teen hierdie slegte wêreld, en dit maak sy ondersteuners baie ongemaklik. – w20.04, bl. 3-6

Wie is die koning van die noorde vandag?

Rusland en die lande wat hom ondersteun. Hulle het ’n direkte invloed op God se volk. Hulle het die predikingswerk verbied en hulle wys dat hulle die Getuies haat. Die koning van die noorde kompeteer met die koning van die suide. – w20.05, bl. 13.

Is die nege eienskappe wat in Galasiërs 5:22, 23 genoem word, die enigste aspekte van “die vrug van die gees”?

Nee. Die heilige gees help ons om ander goeie eienskappe te ontwikkel, soos regverdigheid (Ef. 5:8, 9). – w20.06, bl. 17.

Wat is een van die gevare om foto’s of video’s van jouself aanlyn te sit?

Wat jy aanlyn sit, kan mense laat dink dat jy besig is om te spog en nie dat jy nederig is nie. – w20.07, bl. 6-7.

Wat kan verkondigers by ervare vissermanne leer?

Hulle werk wanneer en waar hulle heel waarskynlik visse sal kry. Hulle is opgelei om die regte gereedskap te gebruik. En hulle werk moedig, al verander toestande. Ons kan dieselfde in ons bediening doen. – w20.09, bl. 5.

Wat is ’n paar maniere hoe ons ons Bybelstudente kan help om hulle liefde vir Jehovah te versterk?

Ons kan hulle aanmoedig om die Bybel elke dag te lees en na te dink oor wat hulle lees. En ons kan hulle leer om te bid. –w20.11, bl. 4.

Wie word ingesluit in die volgende woorde: “In die Christus [sal almal] lewend gemaak word”? – 1 Kor. 15:22.

Die apostel Paulus het nie gesê dat elke mens opgewek sou word nie. Hy het gepraat van gesalfde Christene, dié wat “in eenheid met Christus Jesus geheilig is” (1 Kor. 1:2; 15:18). – w20.12, bl. 5-6.

Wat sal die gesalfdes doen nadat hulle ‘in ’n oogwink verander word, wanneer daar op die laaste trompet geblaas word’? – 1 Kor. 15:51-53.

Hulle sal saam met Christus as herders met ’n ysterstaf teenoor die mense optree (Op. 2:26, 27). – w20.12, bl. 12-13.