Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Onthou jy?

Onthou jy?

Het jy hierdie jaar se nommers van Die Wagtoring goed deurgelees? Kyk of jy die volgende vrae kan beantwoord:

Hoe sal dit ons help as ons met Jehovah praat, na hom luister en oor hom dink?

Ons sal beter besluite neem, beter onderrigters wees, sterker geloof hê en liewer wees vir Jehovah. – w22.01, bl. 30-31.

Hoe sal dit ons help as ons leer om op Jehovah en in sy verteenwoordigers te vertrou?

Dit is nou die tyd om God se manier van dinge doen, te vertrou deur nie te twyfel oor die riglyne en die besluite van die ouermanne nie. Wanneer die groot verdrukking begin, sal ons gereed wees om gehoorsaam te wees al lyk dit of die instruksies wat ons kry, vreemd is of nie sin maak nie. – w22.02, bl. 4-6.

Hoekom het die engel vir Sagaria vertel van ’n “skietlood in die hand van [goewerneur] Serubbabel”? (Sag. 4:8-10)

Die visioen het God se volk verseker dat die beskeie tempel voltooi sou word en dat God heeltemal tevrede sou wees daarmee. – w22.03, bl. 16-17.

Hoe kan ons ’n goeie voorbeeld wees wanneer dit kom by ons spraak? (1 Tim. 4:12)

Ons praat op ’n liefdevolle en respekvolle manier in ons bediening, sing uit die hart, antwoord gereeld by vergaderinge, praat die waarheid, bou ander op en vermy beledigende taal. – w22.04, bl. 6-9.

Hoekom word die kenmerke van die vier diere (koninkryke) in Daniël hoofstuk 7 gekombineer om een dier te vorm, soos wat in Openbaring 13:1, 2 beskryf word?

Die wilde dier in Openbaring 13 verteenwoordig nie net een spesifieke regering, soos Rome nie. Dit verteenwoordig eerder al die politieke magte wat regeer het. – w22.05, bl. 9.

Op watter belangrike manier kan ons wys dat ons vertrou dat Jehovah ’n regverdige God is?

As iemand ons beledig het, ons seergemaak het of teen ons gesondig het, probeer ons om die persoon te vergewe en om dinge in Jehovah se hande te los. Hy sal al die slegte dinge wat deur sonde veroorsaak is, regmaak. – w22.06, bl. 10-11.

Wat moet ’n broer wat by ’n vergadering bid, in gedagte hou?

Gebed moenie gebruik word om die gemeente raad te gee of om ’n aankondiging te maak nie. Dit is veral aan die begin van ’n vergadering nie nodig om “baie woorde” te gebruik nie (Matt. 6:7). – w22.07, bl. 24-25.

Hoe sal “dié wat walglike dinge gedoen het . . . ’n opstanding van oordeel” kry? (Joh. 5:29)

Hulle sal nie ’n negatiewe oordeel ontvang volgens hulle vorige lewe nie. Hulle sal geëvalueer word volgens hulle gesindheid en gedrag nadat hulle opgewek word. – w22.09, bl. 18.

Watter opwindende aanmoediging het J.F. Rutherford by ’n byeenkoms in September 1922 gegee?

By ’n byeenkoms in Cedar Point, Ohio, VSA, het hy gesê: “Die koning regeer! Julle het die toewysing om vir almal hiervan te vertel. So, adverteer, adverteer, adverteer die Koning en sy Koninkryk!” – w22.10, bl. 3-5.

Op watter drie maniere help God ons om te volhard, volgens Jesaja hoofstuk 30?

Hierdie hoofstuk wys dat hy (1) mooi na ons gebede luister en daarop reageer, (2) ons lei en (3) ons nou en in die toekoms sal seën. – w22.11, bl. 9.

Hoekom kan ons sê dat die woorde in Psalm 37:10, 11, 29 in die ou tyd waar geword het en in die toekoms sal waar word?

Dawid se woorde is ’n goeie beskrywing van die goeie toestande wat in Israel was, soos gedurende Salomo se heerskappy. Jesus het van ’n toekomstige paradys gepraat en vers 11 aangehaal (Matt. 5:5; Luk. 23:43). – w22.12, bl. 8-10, 14.