Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Ondervinding

Ondervinding

Meegevoel vir almal

Eendag het ’n suster in Nieu-Seeland die video Wees besorg oor mekaar gekyk, wat wys dat Jehovah nie net vir mense jammer voel nie maar dit ook wys (Jes. 63:​7-9). Sy het besluit om toe te pas wat sy geleer het deur praktiese hulp te gee. Later daardie dag terwyl sy besig was om inkopies te doen, het sy ’n hawelose vrou ontmoet en aangebied om vir haar iets te koop om te eet. Die vrou het dit aanvaar. Toe die suster die kos vir haar bring, het sy ’n kort getuienis gegee en die pamflet Sal mense ooit ophou swaarkry? gebruik.

Die vrou het in trane uitgebars. Sy het verduidelik dat sy as ’n Getuie grootgemaak is, maar die waarheid baie jare gelede verlaat het. Maar sy het onlangs tot Jehovah begin bid en hom gevra om haar te help om na hom terug te keer. Die suster het vir die vrou ’n Bybel gegee en het reëlings gemaak vir ’n studie. a

Ons kan Jehovah se meegevoel vir mense, insluitende ons familielede en ons broers en susters in die gemeente, navolg. En ons kan meegevoel wys deur na geleenthede te soek om vir ander te getuig.

a Om te leer hoe om onbedrywiges te help, sien die artikel “Keer terug na my” in Die Wagtoring van Junie 2020.